Spreuke – eenjaarleesplanSample

Vers 2: Hierdie vers stel die fundamentele beginsel van alle mense, ryk en arm, se gelykheid voor God. Almal het dié status in gemeen: dat God hulle gemaak het. Interessant is dat Spreuke in die eerste frase sê: "rykes en armes ontmoet mekaar" wat beide beteken "rykes en armes het dít in gemeen" (dat die Here hulle gemaak het), en dat hulle gelykheid voor God die basis is waarop hulle in gemeenskap met mekaar kan tree. 'n Mens kan nie die betekenis van hierdie beginsel oorskat nie!
Hierdie beginsel van gelykheid voor God word regdeur die Bybel gehandhaaf. Job verklaar sy status voor God as gelyk met sy slaaf – God het hulle albei gemaak – wat beteken dat Job sy slaaf – en trouens, armes, weduwees, wese, en alle behoeftiges, soos hy dit uitspel – met dieselfde respek hanteer as wat hyself op geregtig is (Job 31:13-22). Job verklaar dit ook in terme van politieke en sosiale status dat God nie vorste of vernames voortrek bó armes nie, want Hy het almal gemaak (Job 34:19).
Spreuke verklaar ook dat hy wat hom oor die behoeftige ontferm, God vereer (Spreuke 14:31). Jesus kan daarom verklaar dat God vir almal sorg, die goeies en die slegtes (Matteus 5:45). Dit is waarom Spreuke ook kan sê dat ons niemand mag beledig nie (Spreuke 17:5), en Jakobus dit in die Nuwe Testament kan eggo dat ons almal gelyk moet hanteer (Jakobus 2:2-4). Dié gelykheid voor God beteken egter nie dat Spreuke nie ook bewus is van die harde werklikheid van die relatiewe ongelykheid in die samelewing nie (Spreuke 22:7).
Vers 3: Een van die redes vir die ongelykheid in die samelewing is dat verstandiges onheil kan vermy, omdat hulle dit beter raaksien as onervarenes. Vers 4: Die belangrikste rede is egter dat rykdom ‘n geskenk van God is aan die nederiges wat in ontsag vir Hom lewe. Hy deel rykdom, eer en lewe uit. Ons sal goed doen om Hom in alles te vereer en ons naaste soos onsself.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Built to Last: A Strong Family in Church Planting

You Complete Me

94x50: Discipleship on the Court

Acts 10:34-48 | Confronting Your Blind Spots
![[Songs of Praise] Bookends of Majesty](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55840%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
[Songs of Praise] Bookends of Majesty

Like the World Has Never Seen

Lent Youth Guide | Jesus' Real Talk During His Hardest & Darkest Moments

The Very Best of Shepherds

Grow in Faith: Renew Your Mind
