YouVersion Logo
Search Icon

Seisoene Van Die HuwelikSample

Seisoene Van Die Huwelik

DAY 5 OF 5

WEKROEP VAN DIE HERFS

Die bome se blare begin in die herfs verkleur en dan val dit later grond toe. Dit is ook wat in ’n herfs-huwelik gebeur. Dit lyk dalk mooi aan die buitekant, maar aan die binnekant is alles besig om uitmekaar te val. In die herfs kan paartjies agterkom dat iets besig is om te gebeur, maar hulle is nie seker wat nie. Een of albei huweliksmaats begin afgeskeep voel. En op ’n emosionele vlak beweeg hulle al verder van mekaar af.

In ’n herfshuwelik sal julle gevoelens van hartseer, vrees, ontmoediging en terughouding begin ervaar en uiteindelik wrokkigheid. Julle het julle verhouding afgeskeep en uitmekaargedryf. Daar is toenemende kommer, onsekerheid en ’n geneigdheid om mekaar te beskuldig.

Herfstyd in ’n huwelik is ’n wekroep om hulp te soek: Gaan sien ’n berader of 'n leraar, lees ’n boek of woon ’n seminaar by. Huwelike kan, anders as in die natuur, van herfs na lente beweeg sonder om deur die winter te gaan, maar julle moet hard daaraan werk om dit te laat gebeur. As julle dit nie doen nie, sal julle binnekort 'n koue winter beleef.

Die Bybel verseker ons dat daar altyd hoop is. Vertrou die Here om julle te help, laat sy liefde julle omvou en word bemoedig deur die feit dat beter dae vir julle voorlê.

Here, dankie dat U ons hoop is — vir die wêreld, vir redding en vir ons verhoudings. Gee ons asseblief die moed om te doen wat ons moet doen om ons probleme op te los.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit 5 TALE VAN DIE LIEFDE — OORDENKINGS VIR PAARTJIES deur Gary Chapman © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Day 4

About this Plan

Seisoene Van Die Huwelik

Die seisoene kom en gaan: winter, lente, somer, herfs. Die seisoene van die huwelik werk ook op dié manier. Verhoudings is nie staties nie, maar in ’n konstante staat van verandering en voortdurend aan die beweeg van een seisoen na ’n ander. Gary Chapman moedig paartjies in hierdie leesplan uit 5 TALE VAN DIE LIEFDE – OORDENKINGS VIR PAARTJIES aan om die beste van elke seisoen te maak.

More