Huweliksbeloftes Sample
Ryker of armer
Heel moontlik het julle nie geweet wat 5 of 10 jaar later vir julle sou inhou nie. Een ding is seker, ons het almal onder begin. Die kuns van die huwelik lê juis in die samewerking, al is ons ryk of arm, saam sal ons dit maak werk.
Soveel stories kan vertel word van die elke dag se swoeg en hoor ons die woorde van die Skrif wat sê: “in die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien”. Daarom is dit ook seker nie vreemd dat die meeste argumente in die huwelik oor geld gaan. Baie paartjies sukkel jare lank om die vernuf aan te leer om saam oor die begroting te besluit. Veels te min word gespaar en nog minder gedink aan voorsiening vir die oudag.
Almal weet wat dit kos om kinders groot te maak. En al is hulle uit die huis, voel dit soms of hulle nooit uit die sak uit kom nie. My raad aan jou vandag is; bly so ver weg van skuld as wat jy kan. Ek het so baie gesien hoe paartjies wat bo hulle vermoë begin leef ekstra hard moet werk en baie ure oortyd moet insit om die begroting te laat klop, wat dikwels ten koste van KOSBARE familietyd is. Leer om tevrede te wees met wat julle het.
Waak daarteen om mense te probeer beïndruk met wat jy ry en waar jy bly. Om gelukkig te wees is baie meer werd as baie geld in die bank. Geniet mekaar; dit kos niks!
Scripture
About this Plan
Wanneer jy gedurigdeur herhinner word aan die beloftes wat voor God en sy mense gemaak is, word die erns van jou verbintenis herhaaldelik opgeroep. Dit gebeur so maklik dat die beloftes wat voor die predikant op die huweliksdag gemaak word agterweë bly by die onthaal. So of jy nou reeds voor die kansel gestaan het of nog op pad is, is hierdie plan vir jou.
More