Jy Is UniekSample

Jy is 'n unieke skepping
Wie van julle besit ‘n Gucci of Dolce & Cabana handsak? Aah! Julle is bevoorreg. Mag ek nou baie persoonlik raak en vra: Is dit ‘n regte een of ‘n namaaksel? Hoe weet 'n mens wanneer dit ‘n nagemaakte een is en wanneer dit die ware Jakob is? Gewoonlik word 'n mens nogal sterk deur die prys gelei, nè? ‘n “Designer’s Original” is altyd baie duurder as ‘n nagemaakte een. Daar is hordes van die nagemaaktes – jy koop hulle sommer op die vlooimark.
Almal van ons sou graag eerder ‘n regte een bo ‘n nagemaakte een verkies.
‘n “Designer’s Original” - dis wat jy is. Jy is nie soos enige iemand anders nie. Jy is uniek. Jy kan jouself met niemand anders vergelyk nie. Die meeste van ons lae selfbeeld probleme kom juis daarvandaan, dat ons onsself die heeltyd met ander vergelyk. Ons raak dinge kwyt soos: Ek wens ek was so maer soos sy; ek wens ek het so ‘n mooi vel gehad soos sy; ek wens ek kon so gemaklik met mense gesels; ek wens ek was nie so skaam nie ... Het jy al daaraan gedink dat die Here juis soveel moeite gedoen het en so versigtig te werk gegaan het om jou juis so uniek te maak, dat jy nooit ooit weer gedupliseer kan word nie?
Ons sterf tien dode as iemand per geleentheid dieselfde rok as ons aanhet, maar tog gebruik ons nie dieselfde beginsel as dit kom by ons liggame, ons eie aantreklikheid, ons persoonlikheid en ons gawes nie, dan wil ons soos iemand anders wees. Ons vergeet dat ons eintlik ‘n “Designer’s Original” is.
Ons is die produk van God se kreatiwiteit en liefde. Dit is iets wat nooit kan verander of van jou af weggeneem kan word nie.
Jy en ek moet leer om van onsself te hou en onsself te aanvaar. Die gesoute aktrise, Judy Garland, het gesê: “Always be a first rate version of yourself, instead of a second rate version of somebody else.”
Gebed: Dankie Here dat U my so uniek gemaak het. Leer my om myself te aanvaar en lief te hê net soos ek is. Amen.
Scripture
About this Plan

Oor hierdie 6 dae herinner God ons weereens aan hoe spesiaal en uniek ons is. Enig in ons soort. Ons moet ook onthou en besef hoe belangrik ons gedagtes is. Ons kies waarop ons wil fokus. Ons moet doelbewus kies om met die Here se hulp op dit te fokus wat goed en opbouend is. Want dit wat ek dink, dit is ek.
More
Related Plans

Boundless Love. Jesus Offers Himself for the World.

The New Loneliness: Nurturing Connection When You Feel Isolated

Connect With God Through Meditation | 7 Day Devotional

God's Faithfulness

How to Be Unstoppable for God

Cultivating a Heart of Joy

Sent to Shepherd: Leading in Church Planting

Easter With the King

God's Presence - a Critical Tool for Advancement
