Woorde Vir 'n Manier Van LeweSample
Victor van St. Hugo het gesê: “There are three books to read: the book of nature, the book of Scripture and the book of your life.”
Dawid sê die natuur praat en die natuur sê iets oor die heerlikheid van God wat "Wow" is.
‘n Gedig van Elizabeth Barrett Browning sê: "Earth's crammed with heaven, And every common bush afire with God, But only he who sees takes off his shoes; The rest sit round and pluck blackberries.”
Is jy een van hulle wat maar net aangaan met die gewone dinge van die lewe of besef jy dat die plek waar jy jou bevind, vol van goedheid en grootheid is wat jou in verwondering sal laat staan as jy dit kan sien?
Die hele wêreld vibreer met lewe, met energie. Sien jy dit? Tydens COVID is ek eendag na die bos toe om tyd alleen daar te gaan deurbring. Ewe skielik was dit asof tyd begin stilstaan en alles stadig beweeg, en ek het ʼn verskerpte sintuiglike waarneming gehad. Ek ruik, ek sien - ek sien die strale van die son deur die blare in die bos kom. Ek hoor die beweging, die geritsel van die wind. En skielik word ek meegevoer en teruggevoer na my kinderdae as my ma vir my stories lees. Ek onthou sy het so ʼn boek gehad waar die bome in die aand begin rondloop en met mekaar begin praat. Ek het vir haar gevra: “Is dit regtig so?” En sy sê: “My kind, luister hier wat gebeur alles in die bos.”
Vir my was dit ʼn plek van betowering en skielik voel dit asof iets baie groter aan die gang is as wat ek besef, as wat ek vermoed, of waarvan ek weet. Ek voel dit net aan, en ek voel iets van God aan. Ek koppel dit aan God. Die hele skepping is vol daarvan.
Scripture
About this Plan
Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Spr. 26:24 DB. Die kwaliteit van ons lewe is afhankllik van die woorde wat ons spreek. Wanneer ons die krag van woorde verstaan, en besef dat ons kan kies wat ons dink en praat, kan ons lewens getransformeer word. God gebruik die woorde wat ons spreek om ons te vorm en lewe te bring.
More