YouVersion Logo
Search Icon

Afhanklik – en Dis OukeiSample

Afhanklik – en Dis Oukei

DAY 2 OF 7

NOGTANS …

Dink vir ’n oomblik aan ’n tyd in jou lewe toe jy ’n geweldige uitdaging beleef het (of dalk ’n hele paar uitdagings). Hoe het jou verhouding met God in hierdie tyd gelyk? Gee vir jouself ’n punt uit tien waar nul ’n plek van totale godverlatenheid is en tien ’n intieme verhouding met God verteenwoordig. Dink nou vir ’n oomblik aan ’n tyd in jou lewe waarin jy op jou gelukkigste was – en oorvloed beleef het. Gee weer vir jouself ’n punt uit tien op hierdie skaal wat jou verhouding met God uitbeeld.

In die boek Habakuk smeek die profeet God om nie van die Israeliete te vergeet nie – al het hulle van Hom afgedwaal. In Habakuk 3:17-19 lees ons sy bekende gebed: “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop” (Bybel in Afrikaans 1983/1992). In Die Boodskap lees ons: “My vertroue in die Here is nie afhanklik daarvan dat dit met my goed gaan nie.

Bly ons geloof en vertroue en ons verhouding met God dieselfde – in slegte en goeie tye? Kan ons soos Habakuk sê dat al beleef ons uitdagings in die vorm van siekte, finansiële nood, werkloosheid, hartseer, verhoudings wat dreig om op te breek of droogte op jou plaas, ons

nogtans sal kies om in God te jubel en Hom as Redder te aanbid?
Day 1Day 3

About this Plan

Afhanklik – en Dis Oukei

Soms trap ons almal in die strik om alles self te probeer hanteer. Ons moet eerder die “ek sal self”-optrede los en God vra om ons in al ons besluite te lei. So sal ons onsself nie net geweldig baie frustrasie en seer spaar nie, maar God se beste in ons lewens beleef. Hierdie sewe oordenkings kom uit 5 MINUTE SAAM MET GOD deur Benescke Janse van Rensburg.

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy