Gee Gebede KragSample
Die Perke van Gebed
Waarvoor kan jy alles vir God in gebed vra? Is daar iets buite perke? Is daar iets te groot? Is daar iets te klein?
Vir baie Christene is gebed een van die opsionele ekstras. Dit is iets wat ons nou en dan in ons program inpas. En as dit nie goed gaan nie; is ons vinnig om ‘n gebed soos hierdie een te bid:
Here, help asseblief! Here, stop asseblief die pyn! Here ... wanneer gaan U my help?
Klink dit bekend?
Stel jou voor dat iemand vir wie jy lief is, net met jou praat as hy in die moeilikheid is. Dit sou nie veel van ‘n verhouding wees nie, of hoe?
Ek wonder soms of ons nie 'n heeltemal verkeerde siening, 'n wanbegrip van gebed het nie, omdat die enigste soort gebed waarvan die Bybel ons leer, die soort is, wat kragtige resultate lewer.
As jy so daaraan dink, moet jy jouself afvra ... Waarom stamp ek dan my kop herhaaldelik teen 'n muur? Wat is fout met my dat ek net na God gaan as ek in die moeilikheid is?
Jesus het vir ons gesê: “As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry” (Johannes 15: 7).
As ons Jesus volg, as ons in Hom bly, as Hy in ons bly, is die natuurlike gevolg dat ons Hom sal gehoorsaam. Ons begeer dít wat in sy wil is. En as jy aan hierdie voorwaarde getrou bly, kan jy op enige stadium vra wat jy wil, en dit sal aan jou gegee word.
Stel jouself voor hoe jou lewe sal lyk as jy leef in die wete dat dít waar is.
Vraag 1
Wanneer is jy die meeste geneig om te bid; in goeie of slegte tye? Waarvoor bid jy gewoonlik?
Vraag 2
Lees Johannes 15: 7. Watter één stap kan jy vandag neem om ‘n vervullende, dinamiese gebedslewe te hê? Wat sal jou help om bewustelik tyd in God se teenwoordigheid deur te bring?
Vraag 3
Wat dink jy bedoel Jesus as Hy sê: "... vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry "?
Vraag 4
Wat sal dit vir jou beteken om dag na dag naby' aan Jesus te wees en daagliks in Hom te bly’?
Scripture
About this Plan
Vir God is gebede wat kragtige resultate lewer normaal. Waarom het so baie van ons 'n ekskuus-tog-dat-ek-lewe houding teenoor gebed? En hoe kan ons vrykom om 'n vol, dinamiese en florerende gebedslewe te geniet en om God se ongelooflike krag aan die werk te sien? Sluit aan by Bybeldosent, Berni Dymet van Christianityworks, bestudeer gebede in die Bybel en stel die krag van gebed in jou lewe vry!
More