YouVersion Logo
Search Icon

In Jesus Is Jy...Sample

In Jesus Is Jy...

DAY 13 OF 29

In Jesus is Ek Geliefd

Lees: 1 Johannes 4:10–19, Romeine 8:35–39


SOAP: 1 Johannes 4:10

“Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.”


Oordenking

In Engels is daar net een woord vir "liefde" en ons gebruik dit op tientalle maniere. Ons sê ons is lief vir ons nuwe skoene, ons is lief vir ons huweliksmaat, ons is lief vir die nuwe boek wat ons uit die biblioteek geleen het, en ons is lief vir ons gunsteling koffie. Liefde word dikwels beskou as 'n gevoel, 'n emosionele reaksie op iets wat ons vreugde of genot verskaf. Dit beteken ook dat liefde vlietend kan wees namate ons smaak verander, ons verhoudings verskuif of dinge wat vroeër vir ons vreugde verskaf het, vervang word deur iets nuuts.

God se definisie van liefde is nie gebaseer op wat ons voel nie, maar wat deur Jesus se lewe en dood aan ons geopenbaar is. Liefde kom van God af. Liefde het in die fisiese teenwoordigheid van Jesus Christus na ons neergedaal en ons 'n geskenk gegee wat so onbegryplik en onverdiend is dat ons nooit genoeg kon doen om dit te verdien nie. Dit is niks anders as deur en deur 'n gawe van God.

1 Johannes 4:19 sê: “Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.” Wanneer ons identiteit sterk gewortel is in die wete dat ons geliefd is deur die Skepper van die heelal, kom die liefde wat ons aan ander betoon, uit 'n oorvloed van wat God vir ons gedoen het. Hierdie liefde sal nie van plan verander nie en dit hang nie af van wat ons kan doen om dit te verdien nie. God se liefde sal nie faal nie.


Gebed

Here God, dankie dat U my liefhet en my u geliefde noem. Onderwyl ek aanspraak maak op "geliefd" as my identiteit in Jesus, help my om hierdie liefde met ander te deel, veral diegene wat seergemaak, alleen of verlate voel. U liefde is 'n perfekte liefde, en ek is so dankbaar daarvoor. Amen.




Day 12Day 14

About this Plan

In Jesus Is Jy...

Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies of nasionaliteit te definieer. In hierdie studie gaan ons fokus op die waarheid wie ons in Christus is en daardeur ons ware identiteit verstaan.

More