GenadejaarSample

Die reddende genade van Jesus
Romeine 6:23 sê: “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Chirstus Jesus ons Here.” Watter wonderlike nuus! Ons sondes is vergewe. Jesus Christus het die prys betaal wat ons self nooit sou kon betaal nie.
Ons hemelse Vader is so lief vir ons dat Hy sy enigste Seun gestuur het om die finale offer vir die sonde van die wêreld te wees. Ons ken die storie so goed: Ons sing daaroor, ons preek daaroor, ons lees daarvan en ons bid daaroor. Tog tref die wonder daarvan ons nou en dan opnuut en die werklikheid van hierdie kosbare geskenk van God laat ons sprakeloos staan.
Terwyl jy vandag se dagstuk lees, bid ek vir jou, dat jy hierdie waarheid opnuut sal besef, net soos ek. Dit maak nie saak wat ons gedoen het nie, die Here Jesus Christus is steeds lief vir ons, net so lief soos Hy vir ons was toe Hy sy lewe vir ons neergelê het. Johannes 15:13 herinner ons: “Niemand het ’n groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.”
Dit is presies wat die Verlosser van hierdie wêreld vir my en jou gedoen het. Laat ons vandag dieselfde genade aan ander gaan bewys.
Scripture
About this Plan

God se genade ... Ons ken die storie van Jesus se offer so goed: Ons sing daaroor, ons preek daaroor, ons lees daarvan en ons bid daaroor. Tog behoort die wonder van God se genade en sy liefde vir ons ons nou en dan opnuut te tref en dan laat die werklikheid van hierdie kosbare geskenk van God ons sprakeloos staan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan.
More
Related Plans

Daily Bible Reading— May 2025, God's Strengthening Word: Trusting in God’s Promises

Jesus' Miracles

Systematic Theology

Dear Mama: God’s Not Done With Your Story

Living Worthy: Believe Who God Says You Are

Breathe Together

Walking With God

Holy Hustle Detox

Recalibrate Your Life
