Vergifnis: Die pad tot vryheidSample
Bitterheid is onkruid in ons hart
Bitterheid het ’n goor domino-effek in ons lewe. Wanneer dit wen, vlug vreugde. Bitterheid steel egter ook al ons vertroue in God en ander mense. Bitterheid is soos onkruid in ons hart. Dit groei alles wat heilig is stukkend. Dit verdryf alles wat mooi en edel is uit ons lewe. Waar het jy immers al ooit ’n bitter mens gesien wat enige hoop het vir die toekoms? Of wat ander mense vertrou? Of wat mooi praat oor sy of haar naaste? Of wat mededeelsaam is?
Daarom sê Jesus ’n paar keer as ons nie bereid is om ander te vergewe nie, moet ons nie verwag dat God ons gaan vergewe nie. Jesus weet God maak graag boeke toe. Hy hou nie ons sondes ’n ewigheid lank teen ons nie. Daarom vra Hy van ons om dieselfde te doen teenoor ander. Dan verloor bitterheid. Ons vryheid is gesetel in die Here wat bitterheid en haat uit ons siel verdryf. In Hom kom ons onstuimige hart tot bedaring. Die onkruid van die Bose verloor wanneer God se goeie saad groei in ons hart.
Scripture
About this Plan
Om te vergeef, kom nooit maklik nie. Vergifnis is vir seker nie om te maak of alles skielik reg is nie. In hierdie 7 oordenkings kom wys Stephan Joubert jou dit is om jou eie seer stukkie vir stukkie by die Here se voete neer te sit en dit daar te laat agterbly. Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.
More