YouVersion Logo
Search Icon

Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

DAY 35 OF 39

Wie is ek?

Nietzche beweer dat een van die maniere waarop ‘n mens onthou waarom jy op die aarde is, is om terug te gaan in jou verlede en te let op die tye waarin jy die meeste vervulling ervaar het en om dan ‘n lyn te trek wat ‘n verband vorm tussen die ervarings.

Hy stel voor dat ons die volgende vrae aan onsself vra en dit beantwoord: Wat het jou regtig diep geluk gebring tot dusver? Wat tel jou siel op, neem jou siel oor en vul jou siel terselfdertyd met vrede? In sy woorde: “Vergader hierdie onthulde voorwerpe in ‘n ry voor jou en miskien sal hulle ‘n wet van hulle natuur blootlê en hulle volgorde: Die fundamentele wet van hulleself”.

Ter Nadenke

Jy word uitgenooi om te reflekteer oor jou lewe. Vra Hom om jou te herinner aan al die belangrike gebeure wat verband hou met wie jy is, en om dit na vore te bring namate jy reflekteer op jou lewe. Vir sommige wat die oefening doen, is daar ‘n aha oomblik as hulle besef watter eienskappe deel van hom/haarself is.

Gebed

Here, gee my die genade om te ontwaak tot my lewenstaak.

Die Boodskap vir jou Lewensreis

Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema

Day 34Day 36

About this Plan

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.

More