YouVersion Logo
Search Icon

10 Stappe Na Vryheid Van SkuldSample

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

DAY 3 OF 10


Dag 3 – Bely en bekeer

’n Verdere stap in die beëindiging van skuld is om jou sondes te bely, en dan te bekeer. Om te bely is om te erken dat jy verkeerd optree teenoor God en sy wil. Bekeer is om dan op te hou waarmee jy besig is. 

God het nêrens in sy Woord eienaarskap aan ons as mens oorhandig nie. Ons is slegs aangestel as bestuurders en rentmeesters. God bly die eienaar van alles, insluitend die geld wat aan ons toevertrou word. Koning Dawid het in Psalm 24:1-2 geskryf: “Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here, want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê en dit stewig gevestig in die waters.”

Skuld is nie die sonde nie, maar eerder die simptoom van ’n probleem, en die Bybel waarsku ons baie daarteen. Wat wel sonde is, is om jou vertroue in geld te sit eerder as in God – wantroue in God is verkeerd. Jesus Christus het gesterf vir ons sodat ons vry kan wees, en ’n lewe in oorvloed kan geniet. Nie sodat ons onsself weer onder die slawe-juk inkry nie.

Wat ook verkeerd is, is om aan te gaan met ’n kooptransaksie as jy weet jy kan dit eintlik nie bekostig nie. Om aan te gaan met ’n koop waaroor jy gebid het en nie vrede in jou hart het nie, is verkeerd. As jy weet jy moenie verder skuld aangaan nie – omdat die Here nee gesê het – maar jy gaan daarmee voort, is jy besig om te sondig. “As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde”, sê Jakobus 4:17.

Indien jy oortree het hieraan, bekeer van hierdie ongehoorsaamheid, en stap dan weg daarvan. Skuld hou talle moontlike sondes in (soos ons nou gesien het), en hoe jy uit gevangenskap gaan kom, is om te bely en erken waar jy ongehoorsaam was aan God, dan te aanvaar dat jy vergewe is, en jouself verder te weerhou deur dit nie weer te doen nie. 

Bid tot God, vra Hom om jou te help om uit skuld te kom en volgens die Bybel se riglyne te begin leef, asook om jou leiding, raad en planne te gee. Vrees God, luister na sy Woord en begin om sy wil te doen. In 1 Johannes 1:9 staan daar: “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”

Vra jouself eerlik af, sien jy jouself as eienaar, of rentmeester?

Scripture

Day 2Day 4