Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Sample
Lees: Hebreërs 2:1-4
SOAP: Hebreërs 2:1
Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie.
Oordenking
Die beeld wat in Hebreërs 2:1 geskep word, is van 'n boot wat wegdryf van 'n dok af. As 'n boot nie behoorlik aan 'n dok vasgemaak is nie, sal dit wegdryf met die gety van die water of met die krag van die wind, selfs in 'n kalm en stil omgewing.
Dieselfde is waar vir ons. As mense, dryf ons nie natuurlik na God toe nie. Die skrywer van Hebreërs wou hê dat sy gehoor standvastig in hulle geloof moes bly. Hy het hulle gewaarsku om nie weg te drywe na die ou weë van Judaïsme nie, na 'n evangelie wat op werke gegrond is nie. As gevolg van die werk van Chritus, omdat Hy verhewe bo die engele is, as gevolg van sy wese, omdat Hy die Seun van God is, hoef ons nie langer bekommerd te wees oor die betaling vir ons sondes nie.
Die Ou Testamentiese Israeliete het geglo dat die boodskap van God deur engele gekommunikeer is en hulle het die boodskap geglo. Maar nou het Christus gekom. Christus is verhewe bo die engele. Omdat getroue volgelinge van God die boodskap van die verlede geglo het, hoeveel meer moet ons nou die boodskap glo wanneer dit van God self kom?
Die waarheid en boodskap van die Ou Testament is bevestig deur Jesus Christus. Hy is wie Hy sê Hy is. Hy sal doen wat Hy belowe het om te doen. Soos ons lewens van geloof leef, moet ons vas aan Hom bly en versigtig wees om nie weg te dryf nie, want Hy alleen is die weg tot verlossing.
Gebed
Here God, U het die weg na verlossing duidelik gemaak: dit is slegs deur u Seun, Jesus. Help my om standvastig te bly in U. Help my om nie weg te dryf nie. Plaas mense in my lewe om my verantwoordbaar te hou om naby aan U te bly. Ek wil al die dae van my lewe in U bly. Amen.
Scripture
About this Plan
Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.
More