Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Sample
![Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22052%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees: Hebreërs 4:1–13
SOAP: Hebreërs 4:12-13
Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.
Oordenking
Die Griekse woord wat vertaal word as “die Woord van God” is logos. Dit is dieselfde woord wat in Johannes 1 gebruik word, waar Jesus beskryf word as die Woord van God. Kerkvaders en Middeleeuse teoloë interpreteer al eeue lank die woord logos in Hebreërs 4:12 as Jesus, die Seun van God. Eers gedurende die hervorming is die woord logos as 'die Woord van God' vertaal.
Die Woord van God is nie beperk tot net die Skrif soos ons dit vandag ken nie. Logos bevat al die openbaringe van God se Woord: Sy gesproke Woord, geskrewe Woord en die geïnkarneerde Woord, Jesus Christus. God se Woord is lewendig en aktief. Van die woorde op die bladsye van ons Bybels tot ons lewende Verlosser, is dit die Woord van God wat ons harte sien en beoordeel. Hy ken ons van binne en van buite, ons motiewe, stryd, begeertes en drome.
Ons word blootgestel aan God se Woord. Ons is oop en bloot voor Hom. Dit is goeie nuus! Dit is geen rede om te vrees nie, want die Woord van God, Jesus self, sien ons en ken ons. Hy is ons Voorstander, Hy gaan voor ons uit en stel ons voor God as regverdig en heilig in Hom.
Gebed
Here Jesus, U is die Woord van God. U ken my heeltemal. U sien alles wat ek is en alles wat ek doen, en U sorg steeds vir my. Dankie dat U voor my aangesig is en my advokaat is. Help my om te onthou dat ek geen rede het om te vrees nie en dat ek ten volle in U kan rus. Amen
Scripture
About this Plan
![Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22052%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.
More
Related Plans
![Living for Christ at Home: An Encouragement for Teens](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55404%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Living for Christ at Home: An Encouragement for Teens
![Reading With the People of God #10 Kingdom](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55389%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Reading With the People of God #10 Kingdom
![The Armor of God: Well Used Against Injury](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55400%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Armor of God: Well Used Against Injury
![3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55370%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World
![Freedom in Forgiveness: Discover the Healing in Letting Go by Sara Brunsvold](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55402%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Freedom in Forgiveness: Discover the Healing in Letting Go by Sara Brunsvold
![Building Living Bridges](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55394%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Building Living Bridges
![The Prince Without a Name](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55399%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Prince Without a Name
![Spiritual Beings](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55405%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Spiritual Beings
![Play-by-Play: John (3/3)](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55369%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Play-by-Play: John (3/3)
![3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55368%2F320x180.jpg&w=640&q=75)