Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesSample
1 Johannes 2:18-27
SOAP - 1 Johannes 2:25
En dít is wat die Seun ons belowe het: die ewige lewe.
Oordenking
Dit is onmoontlik vir God om 'n belofte te breek aangesien Hy waarheid en goedheid is. Elke belofte wat Hy maak, moet en sal Hy hou. Die grootste belofte van almal is dat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe sal hê. Om hierdie belofte gestand te doen, het beteken dat Hy soos ons geword het en aan die Kruis gesterf het. Dit is die Goeie Nuus van die Evangelie, dat Jesus gekom het om sondaars te red.
Hy hou daardie belofte.
Dit gee ons 'n groot rede om die Here te loof en vreugde in elke dag te vind. Maak nie saak hoe moeilik ons dae is nie, ons kan vertroosting vind in die feit dat, wanneer ons tot die Here roep, Hy ons verhoor. Ons verlossing is verseker, omdat God nooit sy belofte sal herroep nie.
Gebed
Here, dankie vir die gawe van verlossing. Dankie dat U u beloftes gestand doen. Help my asseblief om diep dankbaar te wees vir die verlossing wat ek in U het. Amen.
Scripture
About this Plan
In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. Hierdie studie ondersoek hoe die liefde van Christus ons nie net verander nie, maar ook die wêreld verander deur ons gehoorsaamheid aan sy opdragte.
More