Pa-wees saam met GodSample
![Pa-wees saam met God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21050%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Luister is ’n keuse
’n Vereiste vir ’n kwaliteitverhouding met jou kind, is gereelde en opregte kommunikasie. Navorsing het getoon dat die heel belangrikste ding wat jongmense graag in hulle ouerhuis wil verander, kommunikasie met hulle pa is.
Een van die basiese beginsels van kommunikasie is om te luister. Jy sien, luister vra energie en aandag en jou tyd. Om werklik te luister en te hoor, gebeur nie vanself nie. Dit is ’n keuse. Daarom is luister ’n liefdesdaad. Jou liggaamstaal sê net so baie. Jy kan nie TV kyk én luister nie. Jy moet sigbaar na iemand draai en jou koerant of TV tweede stel. Dán eers ervaar die ander persoon dat jy luister en kan jy dieselfde van die ander persoon verwag.
Om dit egter sinvol te doen moet jy tyd saam met jou kind deurbring. Tyd saam deurgebring en sinvolle kommunikasie is dus twee kante van dieselfde muntstuk, en die naam van die muntstuk is gesonde verhoudings. Begin deur doelgerig alleen-tyd saam met jou kind deur te bring. Selfs ’n motorrit kan hiermee help. Begin dan met wat genoem word inligtingskommunikasie. Vra vrae oor die skoolvakke, sport, die weer, wêreldgebeure, onderwysers en vriende. Hou aan uitvra totdat ’n sinvolle gesprek plaasvind. Praat ook spontaan oor jou werk en lewe.
Moenie ontmoedig word deur aanvanklike negatiwiteit nie. Hou net aan; later sal daar meer spontane gesprekke plaasvind. Dan volg pogings tot dieper kommunikasie wat julle uiteindelik by mekaar se gevoelens sal laat uitkom. Hierdie soort kommunikasie is die ideale vorm van kommunikasie en word gevoelskommunikasie genoem. Skep spesiale geleenthede hiervoor. Jy en jou kind kan byvoorbeeld in die kamer sit en ’n openhartige gesprek hê. Dit kan ook in ’n koffiewinkel gebeur. So word jy een van jou kind se min vertrouelinge in die lewe. Dis juis die gebrek hieraan wat daartoe lei dat kinders so maklik hoop verloor.
Werk kliphard en doelgerig aan sinvolle kommunikasie met jou kind. Die vrugte is soet en heerlik.
HERE, EK BELY MY SKERP TONG EN DIE MIN TYD WAT EK SAAM MET MY KINDERS DEURBRING. HELP MY OM WERKLIK DIEP GEVOELENS MET MY KINDERS TE DEEL.
Scripture
About this Plan
![Pa-wees saam met God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21050%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die lewe is so gejaagd en veeleisend en pa’s weet nie meer wat belangrik en wat prioriteit is nie. Elke pa behoort God se hart oor pa-wees te ken en te verstaan. Hierdie oordenkings sal jou motiveer om jou pa-wees met oorgawe te gaan leef. Dié 7-dag leesplan is saamgestel uit Johan Smith se boek, ’N PA VAN FORMAAT, en maak die Bybel prakties vir pa's.
More
Related Plans
![Finding Wisdom in Proverbs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55462%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Finding Wisdom in Proverbs
![Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55254%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders
![The Complete Devotional With Josh Norman](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54735%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Complete Devotional With Josh Norman
![For the Least of These](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54952%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
For the Least of These
![Cast Your Care](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55459%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Cast Your Care
![Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55144%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love
![Growth 360 Blueprint for Moms: Reflect, Refocus, and Activate Your Life for God’s Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54711%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Growth 360 Blueprint for Moms: Reflect, Refocus, and Activate Your Life for God’s Purpose
![IHCC Daily Bible Reading Plan - June](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55463%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
IHCC Daily Bible Reading Plan - June
![TheLionWithin.Us: The Triple Crown of Spiritual Growth](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54628%2F320x180.jpg&w=640&q=75)