Vry om vrygewig te weesSample
![Vry om vrygewig te wees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18998%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ek wil graag afsluit met drie waarnemings oor die Kersverhaal, soos dit met vrygewigheid verband hou:
1. Vrygewigheid is nie soseer ‘n eerbare daad nie, dis ‘n eerbare reaksie
As ons onsself op die skouer klop elke keer wanneer ons vrygewig te werk gaan met ons tyd, geld, reputasie, of enigiets anders, gaan ons onsself verheerlik. Dit is eintlik net ‘n reaksie van dankbaarheid teenoor God, wat eerste vrygewig met ons was.
2. God meet vrygewigheid aan die grootte van die opoffering
Die wyse manne en die skaapwagters het iets gegee in hul aanbidding van Jesus, maar nie so baie soos wat Maria en Josef gegee het nie. Om geld en tyd te gee is soms niks in vergelyking met die ware opofferings wat sommige mense maak nie.
3. Verhoogde vlakke van vrygewigheid bring verhoogde vlakke van beloning en seën
Die wyse manne en die skaapwagters kon die Messias sien en ander van Hom vertel, maar Maria en Josef het gesien hoe Jesus sy eerste tree gee en hulle kon diep gesprekke met Hom hê terwyl Hy grootgeword het.
En Jesus se selfs groter offer het gelei tot ‘n selfs groter seën vir Hom, waarin ons kan deel. Hy het ‘n prys betaal, ‘n baie hoë prys, maar Hy het dit gedoen “ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was”. (Hebreërs 12:2) Uit liefde wou Hy Homself offer om sodoende ‘n verhouding met ons te kan hê. En nou sit Hy aan sy Vader se regterhand, waar Hy en die Vader wag vir die vervulling van hul liefde en vreugde aan die einde van die geskiedenis. Verhoogde vlakke van opoffering bring verhoogde vlakke van beloning.
As jy buite ons wêreld kan staan en binnetoe kyk, sal dit ‘n lelike prentjie wees. Die wêreld draai om beginsels van ontvang en hou en beheer, terwyl almal met mekaar kompeteer vir hulle stukkie. Maar as jy na die Seun wat Mens geword het kyk, deur die bril van vrygewigheid, sal jy sien dat die koninkryk van God op ander beginsels as dié van die wêreld geskoei is.
Gee, en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” (Lukas 6:38)
Ons word klein spieëltjies van die Koning se vrygewigheid. Dit is hoe dit in die koninkryk werk. Dit is hoe ware vrygewigheid lyk. En dit kan nie net jou lewe nie, maar ook jou wêreld, radikaal verander.
Scripture
About this Plan
![Vry om vrygewig te wees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18998%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
As kinders van God, is ons vry om vrygewig te wees. In hierdie leesplan oor vyf dae verduidelik Chip Ingram hoe ons God se roeping vir ons kan vervul deur vrygewigheid te verstaan en te leer waarom dit goed is vir ons. Ons kyk na God se model van gee en hoe Hy ons wil seën wanneer ons deur ons lewens uitdrukking gee aan sy vrygewige hart.
More
Related Plans
30 Minute Daily Reading Plan
![Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55254%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders
![Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55144%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love
![IHCC Daily Bible Reading Plan - June](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55463%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
IHCC Daily Bible Reading Plan - June
![Growth 360 Blueprint for Moms: Reflect, Refocus, and Activate Your Life for God’s Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54711%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Growth 360 Blueprint for Moms: Reflect, Refocus, and Activate Your Life for God’s Purpose
![TheLionWithin.Us: The Triple Crown of Spiritual Growth](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54628%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
TheLionWithin.Us: The Triple Crown of Spiritual Growth
![For the Least of These](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54952%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
For the Least of These
![Cast Your Care](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55459%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Cast Your Care
![Finding Wisdom in Proverbs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55462%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Finding Wisdom in Proverbs
![The Complete Devotional With Josh Norman](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54735%2F320x180.jpg&w=640&q=75)