YouVersion Logo
Search Icon

Wat Behels Aanbidding?Sample

Wat Behels Aanbidding?

DAY 6 OF 7

Ons aanbid deur God te vertrou.

Jy hoef nooit bang te wees om 'n onbekende toekoms aan 'n bekende God toe te vertrou nie. — Corrie ten Boom

Ons vertrou elke dag van ons lewens so baie dinge.

Ons vertrou dat die stoel waarop ons sit, ons sal dra.

Ons vertrou dat die kos wat ons eet, ons nie siek sal maak nie.

Ons vertrou dat die internetsein sterk genoeg sal wees as ons dit nodig het.

Ons weet hoe om te vertrou. Dis maklik vir ons om ons vertroue in iets te plaas wat ons kan sien. Ons plaas egter nie altyd ons vertroue in die regte dinge nie.

Wat as ons, in plaas van ons vertroue in onsself of iets tydelik plaas, dit tweede natuur by ons word om God so te vertrou? As ons kies om God op eerste instink te vertrou, in plaas van die laaste keuse, veroorsaak dit dieper geestelike groei. Dink net hoe vredevol ons lewens sal wees as dit ons realiteit is.

Die dag as ons nie die werk kry waarvoor ons aansoek gedoen het nie, behoort ons te vertrou dat God goed is en die beste vir ons wil hê, in plaas daarvan om te glo dat niks goed ooit weer met ons sal gebeur nie. Wanneer ons oorweldig en ontmoedig voel deur mislukking, behoort ons te vertrou dat God vir ons is en gebroke harte heel maak, in plaas daarvan om weg te sink in 'n hopelose put van duisternis.

Hoe kom ons dus op die plek om God heelhartig te vertrou? Dit is regtig eenvoudig: leer Hom ken. Ons kan nie iemand vertrou wat ons nie ken nie. Die manier om Hom te leer ken, is om tyd saam met Hom deur te bring, sy Woord te lees, tyd met mede-gelowiges deur te bring, en ons te verdiep in sy waarheid. Hoe meer ons oor sy karakter, sy weë, sy planne en sy liefde vir ons leer, hoe makliker is dit vir ons om Hom te vertrou.

Vertroue en geloof gaan eintlik hand aan hand, en word dikwels in dieselfde lig gesien. Die skrywer van Hebreërs skryf: "Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag." Wanneer ons in geloof wandel en kies om God te vertrou, ten spyte van wat almal om ons sê, is ons besig om God te behaag. Dit is dalk net die eenvoudigste manier waarop jy Hom kan aanbid.

Hoe gemaak: Nadenke

  • Lees Psalm 150 en verklaar dit aan jou God.
  • Wanneer jy gekonfronteer word met die keuse om die goedheid van God of sy planne te betwyfel, sê vir Hom dat jy kies om Hom te vertrou, al voel jy nie so nie.
  • Skryf enige openbaring neer wat God vir jou sê terwyl jy deur vandag se Bybellees of oordenking gaan.
Day 5Day 7

About this Plan

Wat Behels Aanbidding?

Ons harte neig na aanbidding. Ons, as volgelinge van Christus, is deur God geskape om Hom te aanbid. Ons neig egter om ons bewondering en getrouheid aan mense en dinge te gee, eerder as aan God. Kom saam met ons op hierdie reis en delf dieper in wat aanbidding is en hoe ons kan leer om 'n lewenswyse te leef wat God eerste plaas.

More