Soos ’n veldbom deur Struik Christian MediaSample

Sy toekomsvisie vir jou
Dit moet darem lekker wees om nie beperk te wees deur tyd nie. Om te weet in wie jy jou tyd en liefde kan belê, wie jou liefde gaan kies. Die Here het daardie voordeel. Hy kan bekostig om te kyk na jou lewe, selfs terwyl jy nog ’n sondaar is, en dinge in plek te sit wat jou hart elke keer nog ’n bietjie verander, op pad na sy ewige perspektief.
Hy kan bekostig dat die gevolge van jou sondige besluite jou eers rondgooi, sodat jy uiteindelik sy waarheid sal herken en sy liefde as ware liefde. Selfs al is jy nog sy vyand, ken Hy die toekoms wat julle saam gaan bou. Hy ken jou bekeringsdatum. Hy weet waarmee jy gaan sukkel en selfs die goeie goed wat uit jou verkeerde keuses gaan spruit. Hy ken jou talente en wat Hy daarmee kan verrig.
Jy word 100% geken (sien Psalm 139:1–3) en jy is 100% geliefd, selfs al is jy nog nie naasteby perfek nie. Alles net omdat sy liefde geduldig kan wag vir jou hele hartswerk om hier op aarde voltooi te word. Dit laat ’n mens veilig en geliefd voel, nè.
As daar een ding is wat ons as Christene baie keer onderkry, is dit ons gewoonte om te fokus op ons foute en tekortkominge. Ons bly terugkyk en onsself in die voet skiet oor die dinge wat ons aangevang het.
Jy is vry, want jy is nie die ou jy met net ’n nuwe lappie bo-oor nie; jy is van binne-af nuutgemaak. Nie net dit nie, God se genade is, volgens Prediker, elke môre splinternuut. Dit is hoekom sonde jou laat sleg voel, want die Heilige Gees binne jou soek dit nie. En natuurlik sal die duiwel jou weer versoek met dit wat laas gewerk het. Dit beteken nie dit is wie jy is nie, dit beteken dat hy weer probeer. Moenie sy leuen glo nie. Jy is kosbaar en splinternuut.
Gebed
Here, dit is so gerusstellend om te weet dat U alles weet, maar U nogtans tot my en my reis hier op aarde verbind. Ek vertrou u proses heeltemal. Amen.
Die Here se alwetendheid en soewereiniteit werk 100% saam, en ons moet berus dat dit ver bo ons begrip is.
Scripture
About this Plan

Hierdie dagstukkies sal vroue aanmoedig om hul identiteit en waarde in Christus te verstaan en te ontdek, en sal hulle help om die struikelblokke in hul pad wat hulle terughou, te oorkom. Elke dag se oordenking bevat ook ’n Bybelvers, ’n gebed en ’n “krag-gedagte” vir die dag. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Struik Christian Media se “Soos ’n veldblom”.
More
Related Plans

Meaningful Work in Seasons of Transition

How to Taste and See God's Goodness: Practical Ways for Your Family to Experience God's Presence and Notice His Daily Blessings

Cultivating the Fruit of the Spirit

A Kid's Guide To: Learning to Be Brave Through Followers of Jesus

Healing From God

Psalm 119 With Matt Chandler: A 10-Day RightNow Media Devotional

Celebrate Everything: 3 Days to Joyful Living

Before the Cross: Trusting God in Uncertain Times

How Should I Pray? Learn to Talk With Your Heavenly Father
