YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson Sample

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson

DAY 3 OF 5

’n Media-vas Baie van ons verwronge begeertes word gevorm deur die beelde wat ons deur sosiale media ontvang. Daardie beelde bombardeer ons met idees oor dinge wat ons moet koop, hoe ons behoort te lyk, klere wat ons moet aantrek, waar ons moet eet, plekke wat ons moet besoek, speletjies wat ons moet speel, en nog baie ander. Ons voortdurende blootstelling aan die media skep nie net ’n ongesonde aptyt by ons nie, maar dit beroof ons ook van tyd wat ons kon gebruik het vir aktiwiteite wat baie meer kreatief en lewegewend is. Dit is waarom ’n media-vas ’n goeie eksperiment kan wees. Nie net kan God dit gebruik om ons fokus op Christus te verdiep nie, maar dit kan ook ons lewe oopstel vir groter vryheid en tevredenheid. Hoe lyk ’n media-vas? Dit kan beteken dat wanneer jy by die huis is jy vas van dinge soos TV-kyk, Facebook, videospeletjies, op die internet rondsnuffel, e-posse beantwoord, jou selfoon antwoord, ens. Om hierdie aktiwiteite vir ’n paar uur te staak, klink dalk aanvanklik vreesaanjaend. Jy sal dalk selfs onttrekkingsimptome ervaar! Die geestelike voordele kan egter baie verrassend wees. Jy verklaar dat Christus jou Meester is, nie die media nie. Hoekom probeer jy nie? Oefening vir die dag Beplan ’n media-vas vir 'n aand – vandag of môre. Dink wat jy gaan doen tydens die tyd van vas – jy besluit dalk om met die kinders te speel, koffie te drink saam met ’n vriend, te gaan stap, of dalk net stil op jou eie stil te wees. Hierdie vas sal jou manier wees om te sê: “Ek weier om onder die media se gesag te leef. Ek kies om vryer en in vrede saam met Christus te leef.”
Day 2Day 4

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy