Blydskap en goeie nuus deur Nina Smit Sample
![Blydskap en goeie nuus deur Nina Smit](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16956%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die glans van God se heerlikheid
Die profeet Jesaja voorspel dat daar vir Israel, wat op die oomblik figuurlik in donkerte verkeer, ’n groot lig sal opgaan. Hierdie lig koppel hy aan Jesus se geboorte: “Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee. Hy sal die heerser wees met die koninklike titels: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors” (Jes. 9:5 NLV).
God kan en wil die lot van sy volk verander. Hulle wat in die donkerte geleef het, sal weer ’n groot lig sien. Jesaja is so seker van sy saak dat hy hierdie profesie in die verlede tyd skryf, asof dit reeds gebeur het!
Wanneer Jesus gebore word, berig Lukas dat ’n klompie skaapwagters wat in die nag by hul skape waggehou het, deur ’n helder lig verskrik is toe ’n engel skielik tussen hulle staan. “Die glans van die Here het om hulle geskyn,” staan daar in Lukas 2:9 (NLV).
Maar die engel stel hulle gerus; hulle hoef nie bang te wees nie, sê hy; hy bring vir hulle goeie nuus van groot blydskap: “Die Verlosser . . . is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!”
Elke Kersfees verlustig ons ons opnuut in die glans van God se heerlikheid as ons feesvier oor Jesus se geboorte.
As jy aan Jesus behoort, steek Hy ook in jóú hart ’n lig aan, maak Hy jou self ’n lig wat God se heerlikheid weerkaats. Paulus getuig in 2 Korintiërs 3:18: “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here . . .” (1983-vertaling).
Fokus vanjaar spesiaal op hierdie glans van God se teenwoordigheid as jy saam met jou gesin Kersfees vier.
Gebed
Hemelse Vader, dankie dat ons in die Kersmaand opnuut bewus kan word van die glans van u teenwoordigheid wanneer ons Kersfees vier.
Scripture
About this Plan
![Blydskap en goeie nuus deur Nina Smit](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16956%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die gedagtes in hierdie Advent-leesplan sal lesers help om hierdie Kersfees nader aan God te kom. As jy dink aan die wonderbaarlike geboorte van Christus en die voorreg om Hom te ken, sal jou lewe, liefde, hoop en vreugde hernu word. Elke dag bevat ’n Bybelvers, gedagte vir die dag en ’n gebed. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se boek “Leef in sy lig”.
More
Related Plans
![IHCC Daily Bible Reading Plan - March](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55351%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
IHCC Daily Bible Reading Plan - March
![A Simple Guide to a Better Marriage](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55337%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
A Simple Guide to a Better Marriage
![The Sermon on the Mount](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55355%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Sermon on the Mount
![The Runaway](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55346%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Runaway
![The Benefit of Doubt: How Confronting Your Deepest Questions Can Lead to a Richer Faith](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55103%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Benefit of Doubt: How Confronting Your Deepest Questions Can Lead to a Richer Faith
![TheLionWithin.Us: 3 Questions to Unlock Deeper Insights in God’s Word](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55331%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
TheLionWithin.Us: 3 Questions to Unlock Deeper Insights in God’s Word
![3-Day Bible Quest: Level 1: Focus Mode](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55344%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Quest: Level 1: Focus Mode
![Words We'll Sing Forever: A 4-Day Devotional](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55334%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Words We'll Sing Forever: A 4-Day Devotional
![Seek God Passionately](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55345%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Seek God Passionately
![[Be a Gentleman] Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55336%2F320x180.jpg&w=640&q=75)