Jy HET ‘n Gebed!Sample
“God Wil Hoor van Jou”
Een van die baie redes waarom gebed gesien word as ‘n laaste uitweg wanneer ons uitdagings in die gesig staar, is omdat ons ‘n verkeerde begrip van God het. Ons maak soms die fout om te dink dat God slegs ‘n verlangse, onpersoonlike vlak van belangstelling in ons lewens het. In werklikheid, stel God eintlik op ‘n intieme manier belang in jou lewe. Hy het jou geskep vir sy behae en wil in en deur jou werk!
Gebed kan op ‘n eenvoudige manier gedefinieer word as kommunikasie met God. Dink aan hegte vriendskappe wat jy het. Daardie persone is altyd daar vir jou wanneer jy hulle nodig het, maar jy praat tog die hele tyd met hulle, nie waar nie? Julle deel julle lewens, of hoe? Wel, God wil graag jou beste vriend wees. Jy kan Hom alles en enigiets vertel, jy kan saam met Hom lag, jy kan met Hom gesels oor jou dag, jy kan eerlik wees met Hom, jy kan die begeertes van jou hart met Hom deel. Die punt is dat Hy van alles wil hoor! God begeer ernstig dat jy 'n intieme, persoonlike verhouding met Hom sal hê.
“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My” (Openbaring 3:20).
Jesus klop aan die deur van ons harte, met die begeerte om gemeenskap op ‘n persoonlike vlak met ons te hê. Deur die deur van ons harte op Jesus se sagte versoek om gemeenskap oop te maak, kan ons begin om ‘n suksesvolle, effektiewe en bevredigende gebedslewe te hê, gevul met God se seëninge.
God is die ware bron waarheen ons kan vlug, en Hy wil vir ons sy getrouheid en liefde wys — geen uitdaging is ooit vir Hom te groot nie — Hy wil net graag van jou hoor.
“God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug” Psalm 62:8.
Scripture
About this Plan
Ontdek die beginsels wat nodig is om ‘n kragtige en effektiewe gebedslewe te bou. Gebed – om met God op ‘n persoonlike vlak te kommunikeer – is die sleutel wat dit moontlik maak om positiewe verandering in ons lewens en omgewings te sien. Geneem uit die boek, “Out of This World: A Christian’s Guide to Growth and Purpose” geskryf deur David J. Swandt.
More