YouVersion Logo
Search Icon

Woorde Maak SaakSample

Woorde Maak Saak

DAY 3 OF 29

Lees: Genesis 1:1-3, Matteus 24:35, 1 Petrus 1:24-25

SOAP: Matteus 24:35

Woorde maak saak. Wat ons sê en ons bedoelings daar agter maak saak. Ons gaan tydens hierdie vier weke-studie noukeurig kyk na die dinge wat ons sê, en die beste manier om ons studie mee te begin is met die belangrikste woorde in die wêreld: God se Woorde. Dis deur die krag van sy woorde wat die wêreld geskape is. Dis deur die ewigheidswaarde van sy woorde wat ons elke belofte wat in die Bybel opgeteken is kan vertrou.

"Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit." - Matteus 24:35

Alles sal vervaag. Ons, as mense, sal vergaan. Ons aardse besittings sal verdwyn. Tog is God se Woord ewig, net soos Hy ewig is. Wanneer God praat, word dinge 'n werklikheid (Psalm 33:9). Wat is dit wat God tot jou hart gespreek het? Watter beloftes het Hy persoonlik aan jou gemaak? Sy woorde sal nooit verbygaan nie; Hy sal altyd waar wees.

Hemelse Vader, ek prys U. Ek wil hierdie studie begin deur aan U al die eer en lof te bring. Help my om die waarhede oor die woorde wat U vir my het in die komende weke te leer. In Jesus se naam, amen.

Day 2Day 4

About this Plan

Woorde Maak Saak

In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.

More