YouVersion Logo
Search Icon

Gee vir God die Eerste PlekSample

Gee vir God die Eerste Plek

DAY 5 OF 5

“Vyf Punt Strategie om met Oorwinning te Lewe”

Hierdie afdeling verskaf ‘n 5-punt Bybelsgebaseerde strategie vir die effektiewe hantering van sonde en versoeking. Deur hierdie plan in werking te stel, is nóg ‘n manier om God eerste in jou lewe te plaas!

1. VERSTAAN DAT GOD JOU SIEN AS PERFEK, HEILIG EN SONDER BLAAM, deur die werk van Jesus Christus. (Lees 2 Korintiërs 5:21.) Dikwels is gevoelens van skuld en skaamte die mees destruktiewe gevolge van sonde. Verstaan dat daar geen veroordeling is vir dié wat in Christus is nie, ongeag die sonde. Dit is fundamenteel vir oorwinning (Romeine 8:1).

2. BELY JOU SONDE. (Lees 1 Johannes 1:9.) Om ons sonde te bely beteken om heel eerste hierdie sonde in ons eie harte en gedagtes te erken, en om dit dan teenoor God te bely. Die belydenis van sonde beteken nie noodwendig om dit aan ander bekend te maak nie. Belydenis is iets wat tussen jou en God gebeur.

3. WEES AANSPREEKLIK. (Lees Jakobus 5:16.) Vind ‘n Christen vriend naby aan jou wat jy kan vertrou. Dit kan ‘n pastoor of familielid wees teenoor wie jy kan oopmaak – dit is ‘n effektiewe manier om aanspreeklikheid en gebedsondersteuning deel te maak van die stryd.

4. VERMY BRONNE VAN VERSOEKING. (Lees Jakobus 1:13-15.) Hierdie is die mees uitdagende punt om te implimenteer en vra kreatiewe denke en beplanning. Die waarheid is dat as jy die versoeking kan vermy, jy ook die sonde vermy.

5. LEES GOD SE WOORD. (Lees Psalm 119:11.) God se Woord vertel ons basies dat as ons dit “wegsteek in ons hart,” dit vir ons spesiale krag gee om nee te kan sê vir versoeking en sonde.

Day 4

About this Plan

Gee vir God die Eerste Plek

Om vir God die eerste plek in ons lewens te gee, is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie…dit is ‘n lewenslange proses vir elke Christen. Of jy nou nuut is in die geloof, en of jy nou alreeds ‘n “veteraan” volgeling van Christus is, jy gaan vind dat hierdie plan maklik is om te verstaan en te implimenteer, en dat dit ‘n hoogs effektiewe strategie is vir ‘n Christelike oorwinningslewe.

More