YouVersion Logo
Search Icon

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!Sample

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!

DAY 3 OF 7

“Groei in Ons Liefde vir God”

Om ‘n liefde vir God te ontwikkel is miskien ‘n bietjie meer uitdagend as in die geval van ‘n vriend of ‘n familielid. Een primêre rede is dat ons God nie fisies kan sien nie. Om ‘n liefde vir God te handhaaf en te groei, vereis dus geloof.

Geloof maak dit vir ons moontlik om egte liefde vanuit ons harte direk na God te kanaliseer, selfs al sien ons Hom nie met ons fisiese oë nie. Om ons liefde vir God te laat groei, moet geloof aktief in ons Christelike lewens aan die werk wees.

Soos wat ons God se Woord lees, ervaar ons sy liefde en betrokkenheid in ons en ander se lewens, en deur gemeenskap met Hom te hê in gebed, begin ons God beter ken. Deur Hom oor tyd beter te leer ken, kweek ‘n egte volwasse liefde vir Hom in ons lewens.

Om hierdie liefde vir God uit ons geloof in Hom te laat groei, is afhanklik daarvan dat hierdie liefde deur aksie gedemonstreer word.   Ons liefde vir God deur geloof, vergesel deur ons verbintenis aan God deur aksie, is presies dít wat nodig is vir ‘n suksesvolle, groeiende verhouding met Hom.

Terwyl ons liefde vir God vir seker sal groei as ‘n resultaat van ons geloof in aksie, is dit ook belangrik om te verstaan dat hierdie aksies nie God se liefde en guns vir ons verdien nie.

Die waarheid is dat God ons alreeds innig en onvoorwaardelik lief gehad het, lank voordat ons Hom ooit geken het.

God se liefde is die ware bron van ons liefde: ons liefde vir Hom en vir ander.

Day 2Day 4

About this Plan

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!

‘n Vreugdevolle, doelgerigte lewe is gegrond op verhoudings, liefde en geloof. Indien jy graag meer duidelikheid wil hê oor God se plan vir jou lewe, neem dan deel aan hierdie plan; dit sal help om jou gefokus te hou om na hierdie plan te strewe en dit te ontdek. Geneem uit die boek, “Out of This World: A Christian’s Guide to Growth and Purpose”, geskrywe deur David J. Swandt.

More