Die krag van die Heilige GeesSample

DIE GAWE VAN DIE HEILIGE GEES
Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Handelinge 2:38
Robert Murray McCheyne was 'n Skotse prediker wat die gawe van die Heilige Gees ontvang het. Sy grootste begeerte was om ‘n herlewing in Skotland te sien. God het vir hom die begeerte van sy hart gegee. Hy het die evangelie in Palestina verkondig toe die herlewing in Dundee, Skotland, uitgebreek het. Robert McCheyne het baie jonk gesterf, toe hy nege en twintig was, maar hy sal nog lank onthou word. Elke keer wanneer mense vir hom gevra het: “Is dit nie ongelooflik hoe God jou gebruik nie?” het hy geantwoord: “Ek was nie ‘n instrument van God nie; ek was eerder ‘n waarderende toeskouer.”
Dit is presies wat ek vandag wil doen. Ek wil ‘n waarderende toeskouer wees. Ek wil eenkant toe staan en kyk wat die Gees deur God se kinders vermag. Ek wil sien wat die Heilige Gees in God se wêreld doen. Dit is verbysterend! Ons kan nie eens begin dink wat God alles voorberei vir dié wat hom liefhet nie.
Jy het die gawe van die Heilige Gees ontvang toe jy jou bekeer en ‘n kind van God geword het. Vra sy Gees om vandag en elke dag deur jou te werk sodat jy ‘n kanaal van God se liefde, genade en barmhartigheid na ander mense kan wees. Jy sal ‘n waarderende en sprakelose toeskouer wees.
Here, vul my vandag met die krag van u Heilige Gees. Heilige Gees, ek verwelkom U in my lewe. Inspireer my om Jesus Christus met my hele hart te dien. Amen.
Scripture
About this Plan

Jesus het vir die dissipels gesê hulle moet in Jerusalem wag. Wag waarop? Om met die Heilige Gees gedoop te word, vir die Heilige Gees om oor hulle te kom en hulle te vul. Hierdie gawe van God is ook vir jou vandag beskikbaar. Leer meer oor die Heilige Gees in hierdie 7-dag-leesplan deur evangelis Angus Buchan uit sy dagboek AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG © Christelike Uitgewersmaatskappy.
More
Related Plans

Breaking Free From an Abusive Marriage

Wellness Wahala: Faith, Fire, and Favor on Diplomatic Duty

Hey Rival: A Biblical Game Plan for Christian Athletes

God Never Quits: God’s Faithfulness When We Fall Short

Finding Strength in Stillness

Film + Faith - Superheroes and the Bible

Romans: The Glory of the Gospel

God’s Strengthening Word: Putting Faith Into Action

Connect With God Through Reformation | 7-Day Devotional
