YouVersion Logo
Search Icon

Die Groot Storie deur Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner StraussSample

Die Groot Storie deur Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner Strauss

DAY 5 OF 5

Hoe kan ek die Bybel gebruik vir geestelike groei?

Hier is weer ’n paar riglyne om jou te help om die meeste uit jou toewydingstyd (of stiltetyd) te kry wanneer jy Bybel lees.

1. Onthou, die Bybel is ’n gesprek. God praat met jóú deur die Bybel. God praat egter met jou wanneer jy die Bybel lees. So, lees die Bybel vir jou eie opbou voordat jy vir ander antwoorde daarin soek.

2. Omdat die Bybel ’n gesprek is, NOOI DIE HEILIGE GEES uit om deel te wees van jou Bybellees. Laat toe dat Hy jou help, vir jou verduidelik en dinge vir jou uitwys. ’n Mens het nie ’n “a-ha”-oomblik elke keer wanneer jy Bybel lees nie, maar dit is oukei. Dikwels onthou jy wat jy gelees het by ’n volgende geleentheid en dan kry dit vir jou betekenis.

3. Doen wat die Bybel sê! As jy byvoorbeeld lees “vergewe mekaar”, maak seker jy het almal vergewe wat jy moet. As jy die Bybel begin doen, bewys jy jou liefde vir God, kry jy baie meer insig in die Bybel en groei jy geestelik.

4. Lees eers deur die Nuwe Testament en later deur die hele Bybel. Bestee die meeste tyd aan die Nuwe Testament, want ons leef nou in daardie tydperk. Moenie net rond en bont lees nie – alhoewel jy dit maar so nou en dan kan doen – maar kies liewer ’n boek en lees dit heeltemal deur. 

5. Lees dit gereeld. Die belangrikste is om ’n ritme te kry waar jy (verkieslik) elke dag Bybel lees. Dit moet vir jou ’n gewoonte wees wat nie gebreek word nie. Dit is soms moeilik om ’n gewoonte aan te kweek, maar as jy dit eers aangeleer het, gaan dit makliker.

6. Vertel vir ander mense wat jy gelees het, wat jy leer uit die Bybel, of wat dit vir jou beteken. Die oomblik wanneer ons geestelike waarhede met mense deel, word dit vir ons baie meer van ’n werklikheid. 

Day 4

About this Plan

Die Groot Storie deur Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner Strauss

God se Woord is ons lewensbrood, maar vir die jonger geslag kan dit uitdagend wees om die Bybel te bestudeer. Elke dag van hierdie 5-dag-leesplan bevat gedagtes rondom die Bybel, maar met ’n vars, moderne aanslag, en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner Strauss se “Die groot storie”.

More