YouVersion Logo
Search Icon

Leef Jou Roeping Deur Jean KeysSample

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys

DAY 5 OF 5

Gee die volgende tree  

Jy moet vier stappe volg op hierdie laaste been van jou reis. Om jou droom op ’n werklike en praktiese manier uit te leef, moet jy die volgende doen:

• Jou huidige situasie evalueer

• Jouself toerus

• Die hulpbronne wat jy nodig het, identifiseer

• Daaglikse doelwitte stel

Dit ’n voortgaande proses. Jy moet jouself gereeld evalueer en toerus, nuwe hulpbronne wat vereis word, identifiseer en nuwe doelwitte stel. Dit is die enigste manier om te kan groei.

Evalueer

Die evalueringstadium het te doen met jou wete van waar jy wil wees en om dit te vergelyk met waar jy nou is. Dit kos moed om te bepaal wat gedoen moet word, skep dus diep asem en skryf in enkele sinne wat dit jou gaan kos om hierdie droom uit te leef.

Rus jouself toe

Die bereiking van jou droom mag dalk nuwe vaardighede en die verbetering van jou huidige vaardighede vereis.

Identifiseer die hulpbronne wat jy nodig het

Mense beperk hulself dikwels deur te sê dat hulle nie die geld, toerusting of tyd het nie, of dat die risiko te groot is. As jy die hulpbronne wat jy sal nodig hê, neerskryf, sal dit twee dinge vir jou doen: Dit sal jou weer tot die proses verbind; en jy sal besef dat dit nie so oorweldigend is as wat jy aanvanklik gedink het nie.

Stel daaglikse doelwitte

Jy kan maklik oorweldig word as jy dit nie stapsgewys aanpak nie. Al wat jy nodig het, is om die eerste tree te gee.

Gaan voort om doelwitte te stel op jou reis om jou droom uit te leef. Skryf dit neer, stel ’n keerdatum vir jouself. Besluit vandag dat jy God gaan vra om jou te help om die onbekende binne jou te verken sodat jy jou ware self kan ervaar en alle verwagtings kan oortref. Onthou, God werk nie vinnig nie, maar Hy werk skielik, en jy is op die punt om jou “skielike” oomblik te beleef. God maak alles op die regte tyd mooi.

Scripture

Day 4

About this Plan

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys

Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om hul roeping te vind, hul diepste passie te ontwikkel en hul droom uit te leef. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos om jou talente en vaardighede te ontdek, jou passie te herstel en jou droom na te streef) en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Jean Keys se “Leef jou roeping”.

More