1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsSample

Lees: 2 Tessalonisense 2:1-2
SOAP: 2 Tessalonisense 2:2
Paulus wil die gelowiges in Tessalonika bemoedig aangaande die dag wanneer Christus sal terugkeer om die aarde te oordeel. Omdat die jong kerk baie erge vervolging ervaar het, het sommige valse leraars gesê dat dit die “dag van die Here” was, maar Paulus moedig die kerk aan om nie van stryk gebring te word of verward te raak deur hulle huidige omstandighede nie. Wanneer Christus weer kom sal Hy dié wat aan Hom behoort versamel, en Sy kinders verwyder van die oordeel wat gaan kom.
Niemand weet presies wanneer die dag van Christus se wederkoms is nie, maar ons moet in verwagting van Sy naderende wederkoms leef. Die koms van Christus moet ons vul met hoop en nie met vrees nie. Ons kan vertrou dat ons getroue God ons nooit in die steek sal laat nie.
My Koning, ek sien uit na U glorieryke wederkoms. Help my om te onthou dat U getrou is en te vertrou dat U my nooit in die steek sal laat nie en nooit alleen sal laat nie. Amen
Scripture
About this Plan

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n belofte van die enigste Beloftehouer aan Sy geliefde kinders... Hy kom terug. Hulle moes leer om met hierdie hoop in die hede te leef... en net so moet ons ook.
More
Related Plans

Born for Such a Time as This!

The Synoptic Gospels

Built to Last: A Strong Family in Church Planting

The Bible in One Year Chronologically

Reading With the People of God #11 Blessed

Sing Over Me by Vance K. Jackson

Why Jesus?

UNPACK This...Super Bowl LIX

Trail Builders: Riding Together in Discipleship
