YouVersion Logo
Search Icon

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsSample

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

DAY 23 OF 41

Lees: 2 Tessalonisense 1:3-4

SOAP: 2 Tessalonisense 1: 3-4

Paulus prys die gelowiges in Tessalonika vir hulle geestelike groei. Sy hart vloei oor van dankbaarheid teenoor God omdat sy gebede vir die jong gemeenskap beantwoord is. Hy sien sterk bewys van 'n florerende kerk, as gevolg van hulle standvastige geloof in God te midde van die beproewings en hulle liefdevolle diens aan mekaar. 

Vier jy die geestelike groei van jou susters in Christus? Ons moet mense wat gesonde keuses maak om God te volg bekragtig, eerder as om te fokus op negatiewe voorbeelde en mense wat ons teleurstel. Ons moet ook ons eie harte ondersoek om te sien of ons in geloof en liefde groei. 

Here, ek wil hê dat my geloof in U moet groei. Help my om ander onbaatsugtig lief te hê en U standvastig te volg. Amen

 

 

Day 22Day 24

About this Plan

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n belofte van die enigste Beloftehouer aan Sy geliefde kinders... Hy kom terug. Hulle moes leer om met hierdie hoop in die hede te leef... en net so moet ons ook.

More