1
Johannes 3:16
Bybel vir almal
God is lief vir die mense, daarom het Hy sy Seun gegee. Daar is niemand soos die Seun nie. Elkeen wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie, maar sal die ewige lewe hê.
Bandingkan
Telusuri Johannes 3:16
2
Johannes 3:17
God het sy Seun na die mense toe gestuur, maar nie om die mense te straf nie. Nee, God het Hom gestuur om hulle te red.
Telusuri Johannes 3:17
3
Johannes 3:3
Jesus het hom geantwoord: “Ek sê vir jou, en dit is seker: 'n Mens moet eers weer gebore word, dan sal hy weet God is sy Koning.”
Telusuri Johannes 3:3
4
Johannes 3:18
Niemand anders is soos die Seun nie. As iemand in die Seun glo, dan straf God hom nie. Maar God straf nou elkeen wat nie in die Seun van God glo nie.
Telusuri Johannes 3:18
5
Johannes 3:19
So skei God die mense van mekaar. Die lig het na die wêreld gekom, maar die mense was lief vir die donker, nie vir die lig nie. Hoekom? Hulle was lief vir die donker omdat hulle slegte dinge doen.
Telusuri Johannes 3:19
6
Johannes 3:30
Daardie Man moet meer en meer belangrik word, maar ek moet minder belangrik word.”
Telusuri Johannes 3:30
7
Johannes 3:20
Iemand wat slegte dinge doen, hou nie van die lig nie. Hy kom nie na die lig toe nie, want hy wil nie hê die mense moet sien wat hy doen nie.
Telusuri Johannes 3:20
8
Johannes 3:36
Elkeen wat in die Seun glo, het die ewige lewe. Maar elkeen wat ongehoorsaam is aan die Seun, sal nie die lewe kry nie. God sal aanhou om hom te straf.
Telusuri Johannes 3:36
9
Johannes 3:14
Moses het die slang hoog aan 'n paal gehang in die woestyn. So moet die mense ook vir My, die Seun van die mens, hoog aan 'n kruis hang.
Telusuri Johannes 3:14
10
Johannes 3:35
Die Vader is lief vir die Seun en Hy het alles vir die Seun gegee, sodat die Seun oor alles en almal kan regeer.
Telusuri Johannes 3:35
Beranda
Alkitab
Rencana
Video