1
Genesis 3:6
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
Toe die vrou sien dat die boom goed was om van te eet en dit ’n vreugde was vir die oë en ’n begeerlike boom om jou wys te maak, het sy van die vrugte gevat en geëet en ook aan haar man by haar gegee en hy het geëet.
Comparar
Explorar Genesis 3:6
2
Genesis 3:1
Nou, die slang was listiger as al die lewende wesens van die veld wat יהוה-God gemaak het en hy sê vir die vrou: “Het God werklik gesê dat julle nie van al die bome van die tuin mag eet nie?”
Explorar Genesis 3:1
3
Genesis 3:15
Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou en tussen jou saad en haar Saad. Hy sal jou kop vertrap en jy sal Sy hakskeen byt.” Yog 10:13 Rom 16:20 Gal 3:17
Explorar Genesis 3:15
4
Genesis 3:16
Vir die vrou het Hy gesê: “Ek sal jou moeite en jou swangerskap baie vergroot. Met pyn sal jy geboorte gee aan kinders en jy sal afhanklik van jou man wees en hy sal oor jou heers.”
Explorar Genesis 3:16
5
Genesis 3:19
In die sweet van jou voorkop sal jy brood eet totdat jy teruggaan na die grond toe, want jy is daaruit gehaal, want stof is jy en tot stof sal jy teruggaan.”
Explorar Genesis 3:19
6
Genesis 3:17
Vir die mens het Hy gesê: “Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie; vervloek is die aarde om jou ontwil; Gen 5:29 Rom 5:12 met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
Explorar Genesis 3:17
7
Genesis 3:11
Hy sê: “Wie het aan jou bekendgemaak dat jy kaal is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?”
Explorar Genesis 3:11
8
Genesis 3:24
Só het Hy die mens uitgedrywe en gérubs aan die voorkant van die tuin van `Eden laat bly, met die vlammende swaard wat heen en weer draai, om wag te hou oor die pad na die ‘Boom-van-die-Lewe’. Yog 3:17 Open 22:14
Explorar Genesis 3:24
9
Genesis 3:20
Die mens (Adam) het sy vrou Havah genoem omdat sy moeder geword het van almal wat lewe. Hand 17:26
Explorar Genesis 3:20
Inicio
Biblia
Planes
Videos