YouVersion Logo
Search Icon

Openbaring 5

5
Die Lam mag die boekrol oopmaak
1Ek het gesien die Persoon wat op die troon sit, het 'n boekrol in sy regter-hand. Daar was baie woorde op die boekrol geskryf, binne en buite. Die boekrol was toegeplak met sewe seëls. 2Ek het 'n sterk engel gesien. Hy het hard geskree en gesê: “Wie mag die boekrol oopmaak? Wie mag die seëls op die boekrol breek en die boek oopmaak?”
3Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boekrol oopmaak of daarin kyk nie. 4En ek het baie gehuil omdat daar niemand was wat die boekrol kon oopmaak of daarin kon kyk nie. 5Maar een van die ouderlinge het vir my gesê: “Jy moenie huil nie! Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Wortel van Dawid, het oorwin. Daarom kan Hy die sewe seëls breek en die boekrol oopmaak.”
6Toe sien ek 'n Lam. Die Lam het by die troon gestaan, tussen die vier diere en die ouderlinge. Dit het gelyk of die Lam geslag is. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die Sewe Geeste van God. God stuur hulle oor die hele aarde. 7En die Lam het gegaan en die boekrol geneem uit die regter-hand van die Persoon wat op die troon sit.
8Toe die Lam die boekrol neem, het die vier diere en die 24 ouderlinge voor die Persoon gekniel soos 'n mens voor 'n koning kniel. Elkeen het 'n harp gehad en goue bakke. Die goue bakke was vol wierook. Die wierook is die gebede van die gelowiges.
9Toe sing die diere en die ouderlinge hierdie nuwe lied vir die Lam:
“Net U mag die boekrol neem!
U mag die seëls breek
en die boekrol oopmaak!
Want die mense
het U doodgemaak,
ja, U het gesterf en U het mense
gekoop vir God,
mense van al die stamme, tale,
volke en lande!
10U het gesê God regeer oor hulle,
hulle is soos die priesters
wat vir God werk,
en hulle sal oor die aarde regeer!”
11Toe sien en hoor ek baie engele wat sing. Die engele was rondom God se troon en rondom die diere en die ouderlinge. Daar was baie miljoene engele. 12Hulle het hierdie woorde hard gesing:
“Almal moet sing oor die Lam
wat gesterf het.
Hulle moet vertel dat Hy sterk
en ryk is,
en dat Hy wysheid en krag het,
hulle moet Hom eer en prys
en loof!”
13Toe hoor ek hoe sing alles wat lewe, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, en alles wat in hulle is. Hulle het hierdie woorde gesing:
“Ons prys Hom
wat op die troon sit
en ons prys die Lam,
ons eer en prys Hulle,
Hulle wat sterk is, altyd en altyd!”
14En die vier diere het gesê: “Amen!”
En die ouderlinge het gekniel en hulle het gebid tot God en die Lam.

Currently Selected:

Openbaring 5: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy