YouVersion Logo
Search Icon

Eksodus 39

39
Die klere
1Besaleël en die kleremakers het die gewyde klere vir Aäron gemaak soos die Here vir Moses gesê het. Hulle het die klere van blou, pers en rooi wol-materiaal gemaak. Aäron het dit gedra wanneer hy in die tempel gewerk het.
Die skouer-kleed
2Die kleremakers het die skouer-kleed gemaak van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. 3Hulle het goud plat geslaan en hulle het dun drade daarvan gesny. Hulle het met hierdie goue drade geborduur op die blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal. 4Hulle het die voorste en agterste stukke van die skouer-kleed aan mekaar vasgemaak met twee skouerbande. 5Hulle het die belt gemaak wat by die skouer-kleed gepas het, hulle het dit van dieselfde materiaal gemaak. Hulle het dit gemaak van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal, soos die Here vir Moses gesê het. 6Hulle het oniks reggemaak en hulle het die edelstene vasgesit in goud. Hulle het die name van Jakob se twaalf seuns op die edelstene geskryf soos 'n mens op 'n ring skryf. 7Hulle het die oniks vasgesit aan die skouerbande van die skouer-kleed. Die edelstene het die Here laat dink aan die twaalf stamme van Israel. Hulle het alles gedoen soos die Here vir Moses gesê het.
Die borssak
8Die kleremakers het 'n borssak gemaak op dieselfde manier as die skouer-kleed. Hulle het goud gebruik, en ook blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal. 9Die borssak was vierkantig en dubbel gevou. Dit was 'n span lank en 'n span breed. 10Hulle het vier rye edelstene op die borssak vasgesit:
In die eerste ry was daar 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag.
11In die tweede ry was daar 'n turkoois, 'n saffier en 'n jaspis.
12In die derde ry was daar 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis.
13In die vierde ry was daar 'n chrisoliet, 'n oniks en 'n opaal. Hulle het die edelstene vasgesit in goud. 14Daar was twaalf edelstene, een edelsteen vir elke seun van Jakob. Dit was ook die name van die twaalf stamme van Israel. Hulle het op elke edelsteen een van die name geskryf, soos 'n mens 'n naam op 'n ring skryf. 15Die kleremakers het kettinkies van skoon goud vir die borssak gemaak, en hulle het die kettinkies gedraai soos 'n tou. 16Hulle het twee kassies van goud gemaak en twee goue ringe. Hulle het die ringe vasgesit aan die twee boonste hoeke van die borssak. 17Hulle het die twee goue kettinkies aan hierdie twee ringe vasgesit. 18Hulle het die ander twee punte van die kettinkies vasgesit aan die twee kassies, en hulle het dit vasgewerk aan die skouerbande, aan die voorkant van die skouer-kleed. 19Hulle het ook twee goue ringe gemaak en hulle het dit vasgewerk aan die onderste twee hoeke van die borssak, aan die binnekant van die skouer-kleed. 20Die kleremakers het ook twee ander goue ringe gemaak en hulle het dit vasgesit voor aan die twee skouerbande van die skouer-kleed, net bokant die belt. 21Hulle het toe 'n blou woldraad geneem en hulle het die ringe van die borssak vasgebind aan die ringe van die skouer-kleed. Dit was bokant die belt van die skouer-kleed, sodat die borssak vas was aan die skouer-kleed. Hulle het alles gedoen soos die Here vir Moses gesê het.
Die oorkleed
22Die kleremakers het die oorkleed vir die skouer-kleed gemaak van een stuk blou wol-materiaal. 23In die middel was daar 'n gat en daar was 'n sterk rand rondom die gat sodat dit nie kon skeur nie. 24Hulle het granate gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal. Hulle het die granate vasgewerk op die soom van die oorkleed. 25Hulle het klokkies van skoon goud gemaak en hulle het die klokkies vasgewerk tussen die granate. 26Daar was 'n klokkie langs elke granaat op die soom van die oorkleed. Die priester moes dit dra wanneer hy in die tempel werk. Hulle het dit gedoen soos die Here vir Moses gesê het.
Die rokke, tulband, kopdoeke, linne-broeke en skouer-serpe
27Die kleremakers het vir Aäron en sy seuns rokke gemaak van linne-materiaal. 28Hulle het die tulband en kopdoeke gemaak van linne-materiaal en ook die broeke van goeie linne-materiaal. 29Die kleremakers het die skouer-serp gemaak van goeie linne-materiaal en van blou, pers en rooi wol-materiaal, soos die Here vir Moses gesê het. 30Hulle het 'n blom van skoon goud gemaak vir die tulband, en daarop geskryf soos 'n mens op 'n ring skryf: “ Gewy aan die Here.” 31Hulle het die blom met 'n blou woldraad aan die tulband vasgemaak. Hulle het dit gedoen soos die Here vir Moses gesê het.
Die werk is klaar
32So het hulle al die werk klaargemaak by die tempel-tent, die tent waar die Here aan hulle verskyn het. Die Israeliete het alles gemaak presies soos die Here vir Moses gesê het. 33Hulle het die tempel-tent na Moses toe gebring, die tent en alles wat daarby moes wees:
die hakies, die rame, die dwarspale, die pale en die voetstukke,
34die seil van skaapvelle wat hulle rooi gekleur het, die seil van velle wat hulle sag gemaak het, die gordyn,
35die kis waarin die tien gebooie moet kom, die dra-pale en die deksel,
36die tafel en alles wat daarby moes wees, die offer-brood,
37die lampstaander van skoon goud en die lampe en alles wat daarby moes wees, ook die olyf-olie vir die lampe,
38die goue wierook-altaar, die salf-olie, die wierook, die gordyn vir die ingang van die tent,
39die brons brandoffer-altaar en die brons tralies, die dra-pale en alles wat daarby moes wees, die was-skottel en die voetstuk,
40die gordyne vir die oop stuk grond, die pale en die voetstukke, die gordyn vir die ingang, die toue, die penne en alles wat nodig was wanneer hulle gewerk het by die tempel-tent, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het,
41die klere wat hulle moes dra wanneer hulle in die tempel werk, die gewyde klere vir die priester Aäron en die klere vir sy seuns wanneer hulle priester-werk gedoen het.
42Die Israeliete het alles gemaak soos die Here vir Moses gesê het. 43Moses het goed na al die werk gekyk. Hy het gesien dat hulle dit gedoen het presies soos die Here gesê het. En Moses het hulle geseën.

Currently Selected:

Eksodus 39: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy