YouVersion Logo
Search Icon

Numeri 31

31
Die Israeliete veg teen die Midianiete
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Julle moet wraak neem op die Midianiete omdat hulle die Israeliete verlei het om afgode te aanbid. Na dit sal jy sterf.”
3Moses het toe vir die volk gesê: “Kies ’n groep soldate en stuur hulle om die Midianiete in die Naam van die Here te gaan straf. 4Julle moet 1 000 soldate uit elke stam kies om te gaan veg.”
5Hulle het toe 1 000 soldate uit elke stam gekies en hulle met wapens toegerus om te gaan veg. Daar was altesaam 12 000 soldate. 6Moses het die soldate saam met Eleasar se seun Pinehas gestuur om te gaan veg. Hulle het van die spesiale voorwerpe saamgevat wat hulle in die tabernakel gebruik het om God te dien en ook die trompette waarmee hulle seine aan die soldate kon gee. 7Hulle het die Midianiete aangeval presies soos die Here beveel het, en al die mans doodgemaak. 8Onder die mense wat doodgemaak is, was die vyf Midianitiese konings: Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba. Hulle het ook vir Bileam seun van Beor doodgemaak. 9Die Israeliete het al die Midianitiese vroue gevang, hulle beeste en kleinvee gevat en hulle besittings gestroop. 10Hulle het ook al hulle stede en dorpe verbrand. 11Nadat hulle al hulle oorlogsbuit en al die mense en diere bymekaargemaak het, 12het hulle dit alles na hulle kamp toe gevat op die vlaktes van Moab. Dit is regoor Jerigo langs die Jordaanrivier. Daar het hulle alles vir Moses en die priester Eleasar in die teenwoordigheid van die volk gegee.
Die soldate kom terug
13Moses en Eleasar het saam met die ander leiers van die volk die soldate buite die kamp gaan inwag. 14Moses was baie kwaad vir die offisiere en hulle onderoffisiere toe hulle van die geveg af terugkom. 15“Hoekom het julle die vroue laat leef?” het hy vir hulle gevra. 16“Dit is juis hulle wat Bileam se raad gevolg het en die Israeliete verlei het om Baäl-Peor te aanbid. As gevolg daarvan het die Here ons met ’n siekte-epidemie getref! 17Maak nou dadelik al die seuntjies dood, so ook al die vroue wat al by ’n man geslaap het. 18Net die jongmeisies wat nog maagde is, mag julle laat lewe en hulle vir julle as vroue vat. 19Elkeen van julle wat iemand in die oorlog doodgemaak het of aan ’n lyk geraak het, moet vir sewe dae uit die kamp uit bly. Julle moet julleself en julle gevangenes op die derde en die sewende dag reinig deur die voorgeskrewe offers te bring. 20Julle moet elke stuk klere en elke ander ding wat van leer of bokhaar of hout gemaak is, ook reinig.”
21-23Eleasar het toe vir die soldate gesê: “Die Here het vir Moses beveel: Alle oorlogsbuit wat hitte kan verduur, soos goud, silwer, brons, yster, tin en lood, moet eers met vuur skoongebrand word en daarna met reinigingswater skoongewas word. Daarna is dit skoon en aanvaarbaar voor die Here. Alles wat nie met vuur skoongemaak kan word nie, moet net met reinigingswater gewas word. 24Julle moet almal op die sewende dag julle klere was. Daarna sal julle weer rein wees en in die kamp kan inkom.”
Die oorlogsbuit kry nuwe base
25Die Here het vir Moses gesê: 26“Jy en Eleasar en die leiers van elke stam moet ’n opname maak van al die oorlogsbuit, dit sluit mense en diere in. 27Verdeel dit dan in twee en gee een helfte vir die soldate en die ander helfte vir die res van die volk wat hier agtergebly het. 28Uit die soldate se helfte moet jy vir die Here ook sy deel gee. Een uit elke 500 mense, beeste, donkies, skape en bokke behoort aan die Here. 29Gee dan hierdie bydrae vir Eleasar as ’n geskenk aan die Here. 30Jy moet ook een uit elke 50 van alles wat aan die volk gegee word, mense, beeste, donkies, skape en bokke, by hulle vat. Hierdie gedeelte moet jy vir die Leviete gee wat in beheer is van die tabernakel waar Ek aanbid word.”
31Moses en Eleasar het hierdie opdrag van die Here uitgevoer.
32Die buit wat oorgebly het uit wat die soldate gebuit het, was 675 000 stuks kleinvee, 3372 000 beeste, 3461 000 donkies, 35en 32 000 maagde.
36Die soldate wat gaan veg het, se deel was 337 500 stuks kleinvee, 37waarvan 675 ’n geskenk aan die Here was, 3836 000 beeste, waarvan 72 ’n geskenk aan die Here was, 3930 500 donkies waarvan 61 ’n geskenk aan die Here was, 40en 16  000 mense van wie 32 ’n geskenk aan die Here was.
41Moses het vir die priester Eleasar sy deel gegee soos die Here gesê het. 42Die ander Israeliete se deel 43was 337 500 stuks kleinvee, 4436 000 beeste, 4530  500 donkies en 4616 000 mense. 47Van die Israeliete se helfte het Moses een uit elke 50 persone en diere gevat volgens die Here se opdrag, en dit vir die Leviete gegee wat in beheer was van die tabernakel.
48Die offisiere en onderoffisiere van die soldate wat gaan veg het, het toe na Moses toe gekom en vir hom gesê: 49“Ons het al die manskappe onder ons bevel getel. Nie een is in die oorlog dood of vermis nie. 50Daarom bring ons nou ook ons bydrae aan die Here uit die kleiner artikels wat elke man vir homself gevat het: goue kettinkies, armbande, ringe, oorringe en halssnoere. Dit is ons manier om vir die Here dankie te sê dat Hy ons lewe gespaar het en om ekskuus te sê vir al ons sondes.”
51-52Moses en Eleasar het al hierdie juwele by hulle gekry. Toe hulle dit weeg, het hierdie geskenk aan die Here ongeveer 200 kilogram geweeg. 53Dit was sonder die deel wat die soldate vir hulleself gehou het. 54Moses en Eleasar het die geskenke van die offisiere na die tent toe gevat waar die Here aanbid word en dit daar bewaar om die Here te herinner dat die Israeliete aan Hom behoort.

Currently Selected:

Numeri 31: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy