YouVersion Logo
Search Icon

Esegiël 42

42
Kamers vir mense wat in die huis van die Here werk
1Toe het die man my buitetoe gebring. Ek het buitekant die huis van die Here gaan staan, aan die noordekant. Die man wys my toe ’n kamer wat teenoor die huis van die Here gebou is, noord van die gebou. 2Die lengte van hierdie gebou was 50 meter en die breedte 25 meter. 3Die gebou se grens was teenaan die binneste ingangsportaal van die huis van die Here aan die een kant en die buitenste ingangsportaal aan die ander kant. Die gebou het drie terrasse, en elkeen is hoër as die vorige een. 4Voor elke ry kamers was daar ’n gang wat vyf meter breed en 50 meter lank was. Die ingange van die gange was aan die noordekant. 5Die kamers bo was kleiner as dié wat onder was. Die boonste kamers was kleiner as die kamers net daaronder. 6Die kamers was in drie verdiepings gebou. Hulle het nie op pilare gerus soos die ander kamers nie. Daarom was die boonste kamers kleiner as dié reg onder hulle. 7Daar was ’n muur voor hierdie gebou al langs die buitekant. Die muur was 25 meter lank. 8Die lengte van die kamers was teen die een kant 25 meter, maar aan die kant van die huis van die Here was dit 50 meter.
9Die toegang na die onderste kamers toe was aan die oostekant. 10Daar was ook kamers teen die muur van die buitenste ingang, aan die suidekant teen die oop area voor die huis van die Here. Daar was kamers teen die muur 11met ’n gang voor hulle net soos voor die kamers aan die noordekant. Die kamers was net so lank en so breed as dié aan die noordekant, en hulle afmetings 12was net soos dié van die kamers aan die noordekant. Daar was ook ’n ingang aan die punt van die gang, aan die oostekant wanneer ’n mens ingaan. 13Die man het vir my gesê: “Niemand mag in hierdie kamers noord en suid van die oop area voor die huis van die Here kom nie. Dit is slegs daar vir die mense wat in die huis van die Here werk. Net hulle mag dit gebruik. Dit is hulle eetplek. Daar sit hulle die offers neer wat hulle op die altaar bring, offers van meel en ander offers wat hulle bring om mense se slegte dade vergewe te kry. Niemand mag hier kom wat nie hier hoort nie. 14Wanneer die mense wat hier werk, hier ingekom het, mag hulle nie weer hier uitgaan na die buitenste ingang nie. Hulle moet eers die klere waarin hulle gewerk het, uittrek. Selfs die klere wat hulle gedra het, mag slegs in die diens aan die Here gebruik word. Hulle moet eers ander klere aantrek. Daarna kan hulle na die ander plekke toe gaan wat vir die ander mense bedoel is.”
15Die man was toe klaar met sy afmetings van die huis van die Here se binnekant. Toe het hy my by die hek van die huis van die Here uitgeneem wat oos gekyk het. Ek het gesien dat hy die mure buite-om die huis van die Here meet. 16Eers het hy die oostekant gemeet. Die muur hier was 250 meter lank. 17Toe meet hy die muur aan die noordekant, en dit was ook 250 meter lank. 18En toe meet hy die muur aan die suidekant, en dit was ook 250 meter lank. 19Daarna het hy omgegaan na die westekant toe en die muur daar gemeet, en dit was ook 250 meter. 20Hy het die muur rondom gemeet aan al vier kante. Die lengte was 250 meter en die breedte 250 meter. Die muur was die grens tussen die area wat aan die huis van die Here behoort het en die wêreld daarbuite.

Currently Selected:

Esegiël 42: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in