YouVersion Logo
Search Icon

2 Kronieke 22

22
Ahasia regeer in Juda
1Die mense van Jerusalem het vir Ahasia, Joram se jongste seun, koning gemaak. Hy was al wat oor was nadat die bende wat hulle saam met die Arabiere aangeval het, al die ouer kinders doodgemaak het.
Ahasia, koning Joram se seun, het toe koning geword. 2Hy was 22 en hy het net ’n jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Atalia, ’n dogter van Omri. 3Hy het ook soos die ander konings van Israel opgetree, want sy ma, Atalia, was sy raadgewer oor godsdienstige sake. 4Hy het dinge gedoen wat vir die Here totaal en al onaanvaarbaar was. Hy was net soos Agab se familie. Na sy pa se dood was hulle sy raadgewers. Dit het tot sy ondergang gelei. 5Hulle het aanbeveel dat hy saam met Joram teen die Arameërs moes gaan veg. Joram was Agab se seun en koning van Israel. Hulle twee het toe by Ramot in Gilead teen Gasael, die Aramese koning, oorlog gaan maak. Die Arameërs het Joram in die geveg gewond. 6Joram het na Jisreël toe gegaan om van sy wonde te herstel. Ahasia het hom toe daar in Jisreël kom besoek. 7Die besoek was egter ’n groot fout. Die Here het besluit om Ahasia te straf.
Dit het só gebeur: Terwyl Ahasia by Joram gekuier het, het hulle twee uitgegaan om vir Jehu, Nimsi se seun, te ontmoet. Jehu is pas tevore deur die Here aangewys om Agab se koningshuis uit te wis. 8Terwyl Jehu besig was om Agab se hele familie dood te maak, het hy op ’n groep familielede en amptenare van Ahasia afgekom. Hy het hulle ook doodgemaak. 9Toe het hy na Ahasia begin soek. Van sy mense het vir Ahasia gekry waar hy in Samaria weggekruip het. Hulle het hom gevang en vir Jehu gebring. Jehu het hom toe ook doodgemaak.
Ahasia is soos ’n koning begrawe, want die mense het gesê: “Hy was darem Josafat se kleinseun en Josafat het alles in sy vermoë gedoen om die Here te dien.”
Na Ahasia se dood was daar niemand wat hom as koning kon opvolg nie.
Atalia probeer die
koningsgesin van Juda doodmaak
10Toe Atalia hoor dat haar seun, Ahasia, dood is, het sy besluit om ook die res van die koningsgesin uit te wis. 11Ahasia se suster, Jehoseba, het egter Atalia se planne in die wiele gery. Sy was ’n dogter van koning Joram van Juda en sy het Ahasia se babaseuntjie, Joas, tussen die ander kinders weggevat, want sy het besef dat Atalia die kinders almal sou doodmaak. Sy het hom en sy verpleegster in ’n ander kamer gaan wegsteek. Op dié manier het Jehoseba, die vrou van die priester Jojada, Joas se lewe gered. 12Hulle het hom ses jaar lank in die tempel weggesteek terwyl Atalia Juda regeer het.

Currently Selected:

2 Kronieke 22: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in