YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 82

82
Die hoogste Regter en die wêreld van onreg.
1 'n PSALM van Asaf.
God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.
2Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela.
3Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.
4Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense.
5Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel.
6 Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste —
7nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.
8Staan op, o God, oordeel die aarde! Want Ú het erfbesit van al die nasies.

Currently Selected:

PSALMS 82: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in