PSALMS 77:12-15
PSALMS 77:12-15 AFR53
Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade. O God, u weg is in heiligheid. Wie is 'n groot God soos God? U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.