YouVersion Logo
Search Icon

II KRONIEKE 12

12
Rehábeam se ontrou teenoor die Here word gestraf deur 'n aanval van Sisak, die koning van Egipte.
1EN toe Rehábeam die koningskap bevestig het en hy sterk was, het hy die wet van die Here verlaat, en die hele Israel saam met hom.
2Toe het Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde jaar van koning Rehábeam, teen Jerusalem opgetrek — omdat hulle ontrou teenoor die Here gehandel het —
3met twaalfhonderd strydwaens en sestigduisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het: Líbiërs, Sukkiete en Kusiete.
4En hy het die versterkte stede ingeneem wat aan Juda behoort het, en tot by Jerusalem gekom.
5Daarop kom die profeet Semája na Rehábeam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sê vir hulle: So spreek die Here: Júlle het My verlaat; daarom gee Ék julle ook oor in die hand van Sisak.
6Hierop het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesê: Die Here is regverdig.
7En toe die Here sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die Here tot Semája en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.
8Maar hulle sal sy knegte word, sodat hulle my diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken!
9 En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die Here en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem.
10Toe maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.
11So dikwels as die koning in die huis van die Here ingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.
12Maar weens sy verootmoediging het die toorn van die Here van hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge.
13En koning Rehábeam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Rehábeam was een-en-veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die Here uit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.
14En hy het gedoen wat verkeerd was, want hy het nie sy hart gerig om die Here te soek nie.
15 En die geskiedenis van Rehábeam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet Semája en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam.
16En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.

Currently Selected:

II KRONIEKE 12: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy