YouVersion Logo
Search Icon

Psalms Psalm 98

Psalm 98
Hy is Verlosser van Israel
1('n Psalm.)
Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied; want hy het wonders gedoen: sy regterhand en sy heilige arm het hom die oorwinning behaal.
2Die HERE het Sy heil bekend gemaak; sy geregtigheid het Hy openlik laat blyk voor die oë van die nasies.
3Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou teenoor die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die verlossing van onse God gesien.
4Maak 'n gejubel tot eer van die HERE, o ganse aarde;
5Sing tot eer van die HERE met die siter; met die siter en die stem van 'n psalm.
6Maak 'n gejubel met trompette en kornetgeluid voor die aangesig van die HERE, die Koning.
7Laat die see brul en die volheid daarvan; die wêreld en die wat daarin woon.
8Laat die strome hande klap, laat die heuwels saam jubel
9voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel; met geregtigheid sal Hy die wêreld oordeel en die volke met billikheid.

Currently Selected:

Psalms Psalm 98: CAB23

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy