YouVersion Logo
Search Icon

Rigters Rigters 10

Rigters 10
Tola
1En ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, 'n man van Issaskar, opgestaan om Israel te verdedig; en hy het gewoon in Samir, op die gebergte van Efraim.
2En hy het Israel drie-en-twintig jaar gerig en gesterwe en is in Samir begrawe.
3En ná hom het Jaïr, 'n Gileadiet, opgestaan en Israel twee en twintig jaar gerig.
4En hy het dertig seuns gehad wat op dertig eselvulsels gery het, en hulle het dertig stede gehad wat tot vandag toe Havot-Jair genoem word, wat in die land Gílead is.
5En Jaïr het gesterwe en is in Kamon begrawe.
Jefta
6En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en die Baäls en Astartes en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon gedien en die gode van die Filistyne, en die HERE verlaat en Hom nie gedien nie.
7En die toorn van die HERE het ontvlam teen Israel, en Hy het hulle in die hand van die Filistyne en in die hand van die kinders van Ammon verkoop.
8En daardie jaar het hulle die kinders van Israel gekwel en verdruk: agtien jaar lank al die kinders van Israel wat oorkant die Jordaan was, in die land van die Amoriete wat in Gílead is.
9Verder het die kinders van Ammon deur die Jordaan getrek om ook te veg teen Juda en teen Benjamin en teen die huis van Efraim; sodat Israel baie benoud was.
10En die kinders van Israel het die HERE aangeroep en gesê: Ons het teen U gesondig omdat ons ons God verlaat het en ook die Baäls gedien het.
11Toe sê die HERE aan die kinders van Israel: Het Ek julle nie verlos van die Egiptenaars en van die Amoriete, van die kinders van Ammon en van die Filistyne nie?
12Ook die Sidoniërs en die Amalekiete en die Maoniete het julle verdruk; en julle het na My geroep, en Ek het julle uit hulle hand gered.
13Maar julle het My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie meer red nie.
14Gaan roep tot die gode wat julle uitverkies het; laat hulle jou red in die tyd van jou verdrukking.
15En die kinders van Israel het aan die HERE gesê: Ons het gesondig; verlos ons net vandag, ons bid U.
16En hulle het die vreemde gode onder hulle uit verwyder en die HERE gedien; en sy siel was bedroef oor die ellende van Israel.
17Toe het die kinders van Ammon bymekaargekom en laer opgeslaan in Gílead. En die kinders van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan in Mispa.
18En die volk en die vorste van Gílead het vir mekaar gesê: Watter man is dit wat teen die kinders van Ammon sal begin veg? hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead.

Currently Selected:

Rigters Rigters 10: CAB23

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy