Genesis Genesis 22
Genesis 22
God sê vir Abraham neem jou seun en gaan na die land Moria
1Ná hierdie dinge het God Abraham versoek en vir hom gesê: Abraham! en hy het gesê: Kyk, hier is ek.
2En hy sê: Neem nou jou seun, jou enigste seun Isak, wat jy liefhet, en gaan na die land Moria; en offer hom daar as brandoffer op een van die berge waarvan Ek jou sal vertel.
3Abraham het die môre vroeg opgestaan en sy esel opgesaal en twee van sy jongmanne en sy seun Isak saamgeneem en die hout gekloof vir die brandoffer, en hy het opgestaan en gegaan na die plek waarvan God vir hom gesê het.
4Toe slaan Abraham op die derde dag sy oë op en sien die plek van ver af.
5Abraham sê aan die jongmanne: Bly hier by die esel; ek en die seun sal daarheen gaan en aanbid en weer na julle toe kom.
6Abraham het die hout van die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gelê; en hy het die vuur in sy hand geneem en 'n mes; en hulle het al twee saam gegaan.
7Isak het met sy vader Abraham gespreek en gesê: My vader. Hier is ek, my seun. En hy sê: Daar is die vuur en die hout, maar waar is die lam as brandoffer?
8Toe sê Abraham: My seun, God sal vir Homself 'n lam as brandoffer voorsien; en hulle het al twee saam gegaan.
9Hulle het by die plek gekom waarvan God hom vertel het; en Abraham het daar 'n altaar gebou en die hout reggemaak en sy seun Isak gebind en hom op die altaar op die hout neergelê.
10Abraham het sy hand uitgesteek en die mes geneem om sy seun dood te maak.
11En die Engel van die HERE het na hom uit die hemel geroep en gesê: Abraham, Abraham! en hy het gesê: Hier is ek.
12En hy sê: Moenie jou hand op die seun lê nie, en doen hom niks nie, want nou weet ek dat jy God vrees, omdat jy jou seun, jou enigste seun nie van my teruggehou het nie.
13Toe slaan Abraham sy oë op en kyk, en daar was 'n ram wat agter hom in 'n bos aan sy horings vasgevang het; en Abraham het gegaan en die ram geneem en hom as brandoffer geoffer in die plek van sy seun.
14Abraham het daardie plek genoem: Die HERE Jireh; soos daar tot vandag toe gesê word: Op die berg van die HERE sal voorsien word.
15Die engel van die HERE het vir die tweede keer na Abraham uit die hemel geroep,
16en gesê: By Myself het Ek gesweer, spreek die HERE, want omdat jy hierdie ding gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie;
17Ek sa jou seën en jou nageslag sal vermenigvuldig soos die sterre van die hemel en soos die sand wat op die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem;
18In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; omdat jy na my stem geluister het.
19Toe het Abraham na sy jongmanne teruggekeer, en hulle het opgestaan en saam na Berseba gegaan; en Abraham het in Berseba gewoon.
20En ná hierdie dinge is daar aan Abraham meegedeel en gesê: Kyk, Milka, sy het ook vir jou broer Nahor kinders gebaar;
21Hus, sy eersgeborene, Bus, sy broer, en Kemuel, die vader van Aram,
22Kesed, Haso, Pildas, Jidlaf en Betuel.
23En Betuel was die vader van Rebekka; hierdie agt het Milka vir Nahor, Abraham se broer, gebaar.
24Sy byvrou, wie se naam Reuma was, sy het ook Teba, Gaham, Tahas en Maäga gebaar.
Currently Selected:
Genesis Genesis 22: CAB23
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
The Bible in Contemporary Afrikaans
Copyright © 2023, by City Bible Foundation ®
Used by permission of City Bible Foundation ® All rights reserved worldwide.