YouVersion Logo
Search Icon

Eksodus Eksodus 38

Eksodus 38
Die brandofferaltaar
1En hy het die brandofferaltaar van akasiahout gemaak: vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte; dit was vierkantig; en drie el sy hoogte.
2En hy het sy horings aan die vier hoeke daarvan gemaak; sy horings was van dieselfde, en hy het dit met koper oorgetrek.
3En hy het al die voorwerpe van die altaar gemaak, die potte en die skoppe en die komme en die vleishoeke en die vuurpanne; al die voorwerpe daarvan het hy van koper gemaak.
4En hy het vir die altaar 'n koperrooster van netwerk gemaak onder die omtrek daarvan onder tot in die middel daarvan.
5En hy het vier ringe gegiet vir die vier ente van die koperrooster, om plekke vir die draaghoute te wees.
6En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek.
7En hy het die draaghoute in die ringe aan die kante van die altaar gesit om dit mee te dra; hy het die altaar hol gemaak met planke.
8En hy het die koperkom en sy voetstuk van koper gemaak, van die kykglase van die vroue wat by die ingang van die tent van samekoms bymekaargekom het.
9En hy het die voorhof gemaak: aan die suidekant, na die suide, was die behangsels van die voorhof van fyn dubbeldraad-linne, honderd el.
10Hulle pilare was twintig en hulle kopervoetstukke twintig; die kramme van die pilare en hulle ringe was van silwer.
11En aan die noordekant was die behangsels honderd el, hulle pilare twintig en hulle voetstukke van koper twintig; die kramme van die pilare en hulle ringe van silwer.
12En aan die westekant was behangsels van vyftig el, hulle pilare tien en hulle voetstukke tien; die kramme van die pilare en hulle ringe van silwer.
13En aan die oostekant, ooswaarts, vyftig el.
14Die behangsels aan die een kant van die poort was vyftien el; hulle pilare drie en hulle voetstukke drie.
15En aan die ander kant van die voorhofpoort, aan hierdie en daardie kant, was behangsels van vyftien el; hulle pilare drie en hulle voetstukke drie.
16Al die behangsels van die voorhof rondom was van fyn dubbeldraad-linne.
17En die voetstukke vir die pilare was van koper; die kramme van die pilare en hulle ringe van silwer; en die oortreksel van hulle kapiteins van silwer; en al die pilare van die voorhof was vol silwer.
18En die behangsel vir die poort van die voorhof was naaldwerk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; en twintig el was die lengte en die hoogte in die breedte vyf el, volgens die behangsels van die voorhof.
19En hulle pilare was vier en hulle voetstukke van koper vier; hulle kramme van silwer en die oortreksel van hulle kapiteins en hulle ringe van silwer.
20En al die penne van die tabernakel en van die voorhof rondom was van koper.
21Dit is die som van die tabernakel, die tent van die Getuienis, soos dit getel is volgens die bevel van Moses vir die diens van die Leviete, deur die hand van Itamar, die seun van die priester Aäron.
22En Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, uit die stam van Juda, het alles gemaak wat die HERE Moses beveel het.
23En saam met hom was Oholiab, seun van Ahísamag, uit die stam van Dan, 'n graveerder en 'n kunswerker en 'n borduurster in pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne.
24Al die goud wat vir die werk in beslag geneem is by al die werk van die heiligdom, naamlik die goud van die offer, was nege en twintig talente en sewe honderd en dertig sikkels, volgens die sikkel van die heiligdom.
25En die silwer van die geteldes van die vergadering was honderd talente en duisend sewe honderd vyf en sestig sikkels, volgens die sikkel van die heiligdom;
26'n beka vir elke man, dit is 'n halwe sikkel, volgens die sikkel van die heiligdom, vir elkeen wat gegaan het om getel te word, van twintig jaar oud en daarbo, ses honderd duisend drie duisend vyf honderd en vyftig man.
27En van die honderd talente silwer is die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel gegiet; honderd voetstukke van die honderd talente, 'n talent vir 'n voetstuk.
28En van die duisend-sewehonderd vyf-en-sewentig sikkels het hy kramme vir die pilare gemaak en hulle kapiteins oorgetrek en dit gevul.
29En die koper van die offer was sewentig talente en twee duisend vier honderd sikkels.
30En daarmee het hy die voetstukke gemaak vir die ingang van die tent van samekoms, en die koperaltaar en die koperrooster daarvoor, en al die gereedskap van die altaar,
31En die voetstukke van die voorhof rondom, en die voetstukke van die voorhofpoort en al die penne van die tabernakel en al die penne van die voorhof rondom.

Currently Selected:

Eksodus Eksodus 38: CAB23

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy