YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 76

76
1Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Psalm. Van Asaf. 'n Lied.
2 God is in Juda bekend,
in Israel is sy Naam groot.
3In Salem was sy hut,
sy skuilplek in Sion.
4Daar het Hy brandpyle uit die boog,
skild en swaard en steekspies,
stukkend gebreek. •Sela
5Stralend was U,
magtiger as die berge
wat die prooi moes wees.
6Dié met dapper harte
het self die buit geword;
hulle het die ewige slaap ingegaan.
Nie een van die bekwame manne
kon 'n hand lig nie.
7Vanweë u dreiging, o God van Jakob,
het die bemanning van
strydwaens en die perde
in 'n beswyming geraak.
8U – ontsagwekkend is U!
Wie kan voor U bly staan
wanneer U toornig is?
9Uit die hemel het U die oordeel
aangekondig.
Die aarde het gevrees en stil geword
10toe God opstaan
om die vonnis te vel,
om al die verdruktes
van die land te verlos. Sela
11 Ja, die woede teen mense
strek U tot lof;
met die oorblyfsel van die
woedebuie omgord U Uself.
12Lê geloftes af aan die Here julle
God, en kom dit na.
Almal wat rondom Hom is,
moet geskenke bring
vir die Ontsagwekkende.
13Hy ontneem •leiers die moed –
Hy wat vreesaanjaend is
vir die konings van die aarde.

Currently Selected:

Psalms 76: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in