YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 145

145
1'n Loflied. Van Dawid.
א ALEF
Ek wil U verheerlik,
o Koning, my God;
ek wil u Naam prys vir altyd en altyd.
ב BET
2Elke dag wil ek U prys,
ek wil u Naam loof vir altyd en altyd.
ג GIMEL
3Groot is die Here
en besonder lofwaardig;
sy grootheid is ondeurgrondelik.
ד DALET
4Geslag ná geslag roem u werke;
u magtige dade maak hulle bekend.
ה HE
5Oor die heerlike majesteit
van u luister
en u wonderdade wil ek nadink.
ו WAW
6Oor die krag van u ontsagwekkende
dade praat mense;
van u grootheid wil ek vertel.
ז ZAJIN
7Oor herinneringe aan u groot
goedheid sal hulle uitwei;
oor u regverdige optrede
sal hulle jubel.
ח GET
8Genadig en barmhartig is die Here,
geduldig en groot in troue liefde.
ט TET
9Die Here is goed vir almal,
en sy barmhartigheid
strek oor al sy werke.
י JOD
10 Here, al u werke loof U,
en u troue volgelinge prys U.
כ KAF
11Oor die heerlikheid
van u koningskap praat hulle
en u mag verkondig hulle,
ל LAMED
12sodat die mensdom kan kennis
neem van u magtige dade,
van die heerlike majesteit
van u koningskap.
מ MEM
13U koningskap is 'n koningskap
vir alle ewighede,
u heerskappy duur deur al
die komende geslagte.
ס SAMEK
14Die Here ondersteun almal wat val,
en help almal regop wat neergeboë is.
ע AJIN
15Almal se oë is vol verwagting
op U gerig,
en U gee vir hulle hulle kos op tyd.
פ PE
16Wanneer U u hand oopmaak,
versadig U al wat lewe
met wat hulle wil hê.
צ TSADE
17Regverdig is die Here in al sy weë,
en trou aan alles wat Hy gemaak het.
ק KOF
18 Die Here is naby almal
wat Hom aanroep,
almal wat Hom in waarheid aanroep.
ר RESJ
19Hy vervul die wens van dié
wat vir Hom ontsag het;
hulle hulpgeroep hoor Hy,
en Hy verlos hulle.
שׁ SJIN
20Die Here beskerm almal
wat Hom liefhet,
maar al die goddeloses delg Hy uit.
ת TAW
21My mond sal die lof van die Here
verkondig;
alle mense moet sy heilige Naam
prys vir altyd en altyd.

Currently Selected:

Psalms 145: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy