YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 125

125
1'n •Pelgrimslied.
Hulle wat op die Here vertrou,
is soos die berg Sion
wat nie wankel nie,
wat vir altyd vasstaan.
2Jerusalem word omring deur berge;
die Here omring sy volk
van nou af tot in ewigheid.
3Ja, die goddelose septer
sal nie rus op wat aan
die regverdiges toegeken is nie,
sodat die regverdiges nie
hulle hande na onreg uitsteek nie.
4 Here, doen goed aan die goeies,
aan dié wat opreg is in hulle harte.
5Maar dié wat afdraai op kronkelpaaie –
die Here sal hulle laat weggaan
saam met dié wat onreg pleeg.
Vrede oor Israel!

Currently Selected:

Psalms 125: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in