YouVersion Logo
Search Icon

Numeri 19

19
Reinigingswater
1Die Here het met Moses en Aäron gepraat en gesê: 2“ Dit is 'n vaste wetlike voorskrif wat die Here beveel het, ‘Sê vir die Israeliete hulle moet 'n rooi koei sonder gebrek vir jou bring, een waaraan daar geen liggaamsgebrek is nie en wat nog nie onder die juk was nie. 3 Julle moet haar vir die priester Eleasar gee. Hy moet haar uit die kamp neem en sy moet voor hom geslag word. 4 Die priester Eleasar moet van haar bloed met sy vinger neem en hy moet van die bloed sewe keer in die rigting van die Tent van Ontmoeting se ingang sprinkel. 5 Die koei moet voor sy oë verbrand word. Haar vel, haar vleis en haar bloed moet saam met haar pensmis verbrand word. 6 Daarna moet die priester 'n stukkie sederhout, 'n marjoleintakkie en 'n karmosynrooi toutjie neem en dit binne-in die vuur gooi waarin die koei verbrand word. 7 Die priester moet dan sy klere was en sy liggaam met water afspoel; daarna mag hy in die kamp ingaan. Die priester is egter •onrein tot die aand. 8Die een wat haar verbrand, moet sy klere met water was en sy liggaam met water afspoel. Hy is tot die aand onrein. 9 'n Man wat •rein is, moet die as van die koei bymekaarmaak en dit buitekant die kamp op 'n rein plek neersit. Dit moet vir die volksvergadering van die Israeliete in bewaring gehou word as reinigingswater. Dit is 'n •reinigingsoffer. 10Die persoon wat die as van die koei bymekaarmaak, moet sy klere was, en hy sal tot die aand onrein wees. Dit is vir die Israeliete en vir die •vreemdelinge wat tydelike verblyf tussen julle het, 'n vaste voorskrif wat altyd geld.
11“ ‘ Iemand wat aan 'n dooie raak, aan enige mens se lyk, is onrein sewe dae lank. 12 So iemand moet homself op die derde en op die sewende dag met die water reinig, dan is hy rein. Maar as hy homself nie op die derde en op die sewende dag reinig nie, sal hy nie rein wees nie. 13 Elkeen wat aan 'n dooie raak, die liggaam van 'n mens wat gesterf het, en homself nie reinig nie, verontreinig die •tabernakel van die Here. Daardie persoon sal van Israel afgesny word. Omdat die reinigingswater nie oor hom gesprinkel is nie, is hy onrein. Sy onreinheid is steeds op hom.
14“ ‘Dit is die voorskrifte wanneer iemand in 'n tent sterf: Elkeen wat by die tent ingaan en alles wat in die tent is, sal sewe dae lank onrein wees. 15En elke oop pot waarop daar nie 'n deksel vasgebind is nie, is onrein.
16“ ‘Elkeen wat in die oop veld aan iemand raak wat met 'n swaard doodgemaak is, of aan iemand wat gesterf het, of aan 'n menslike been, of aan 'n graf, sal sewe dae lank onrein wees. 17 Dan moet hulle vir die onrein persoon van die verbrande reinigingsoffer se as neem, en lopende water in 'n kleipot daaroor gooi. 18 'n Rein persoon moet 'n marjoleintakkie neem en in die water doop. Dan moet hy dit sprinkel oor die tent en al die gebruiksvoorwerpe en ook oor die persone wat daar is – oor iemand wat aan 'n menslike been of aan 'n gesneuwelde of aan 'n dooie of aan 'n graf geraak het. 19 Die rein persoon moet op die derde en op die sewende dag die water op die onrein persoon sprinkel. Nadat hy die onreine op die sewende dag gereinig het, moet hy sy klere was en hom met water afspoel. Hy sal rein wees teen die aand.
20“ ‘As iemand wat onrein is, homself nie reinig nie, sal daardie persoon uit die geloofsgemeenskap verwyder word, want hy het die heiligdom van die Here verontreinig. Die reinigingswater is nie op hom gesprinkel nie; hy is onrein. 21Dit moet vir altyd vir hulle 'n vaste voorskrif wees.
“ ‘Die een wat die reinigingswater sprinkel, moet sy klere was, en die een wat aan die reinigingswater raak, is onrein tot die aand. 22 Alles waaraan die onreine raak, is onrein; en die persoon wat aan hom raak, is onrein tot die aand.’ ”

Currently Selected:

Numeri 19: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in