Ester 10
10
Verering van Mordegai
1 Koning Ahasveros het belasting ingestel in die hele land en die eilande van die see. 2 Is al sy groot en magtige dade, tesame met 'n noukeurige verslag van die grootheid van Mordegai wat deur die koning vereer is, nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Medië en Persië nie? 3 Want Mordegai, die Jood, was tweede in bevel onder koning Ahasveros, hoog in aansien onder die Jode en gewild onder baie van sy volksgenote. Hy het hom beywer vir die welvaart van sy volk en ingetree vir die voorspoed van sy hele nageslag.
Currently Selected:
Ester 10: AFR20
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling met Deuterokanonieke Boeke © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.