YouVersion Logo
Search Icon

2 Kronieke 17

17
Josafat koning van Juda
1Josafat, sy seun, het in sy plek koning geword. Hy het sy mag versterk teen Israel. 2 Hy het 'n garnisoen in elkeen van die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land van Juda opgestel, en ook in die dorpe van Efraim wat Asa, sy vader, verower het. 3Die Here was met Josafat, omdat hy die vroeëre paaie van sy voorvader Dawid gevolg het. Hy het nie die Baäls geraadpleeg nie, 4maar die God van sy vader. Sy gebooie het hy nagevolg, en nie die gebruike van Israel nie. 5Daarom het die Here die koninkryk in sy hand bestendig. Die hele Juda het vir Josafat geskenke gebring, en hy het rykdom en aansien in oorvloed verwerf. 6Sy hart was opgewonde oor die weë van die Here. Hy het toe ook die offerhoogtes en die asjeras uit Juda verwyder.
7In die derde jaar van sy regering het hy sy •hoë amptenare Ben-Gajil, Obadja, Sagaria, Netanel en Miga uitgestuur om in die dorpe van Juda onderrig te gee. 8Hulle is vergesel deur Leviete. Semaja, Netanja, Sebadja, Asael, Semiramot, Jonatan, Adonija, Tobia en Tob-Adonija was die Leviete, en saam met hulle was ook die priesters Elisama en Joram. 9Hulle het in Juda onderrig gegee. By hulle was die •boekrol met die Wet van die Here. Hulle het rondgegaan in al die dorpe van Juda en die mense geleer. 10 Vrees vir die Here het al die koninkryke van die lande wat rondom Juda lê, oorval, sodat hulle nie teen Josafat oorlog gemaak het nie. 11 Van die Filistyne het vir Josafat belasting, 'n vrag silwer, gebring. Selfs die Arabiere het vir hom kleinvee gebring: seweduisend sewehonderd skaapramme en seweduisend sewehonderd bokramme.
12Josafat het met verloop van tyd buitengewoon magtig geword. Hy het in Juda vestingstede en voorraadstede gebou. 13Hy het groot voorrade in die dorpe van Juda gehad, en krygsmanne, dapper krygers, in Jerusalem. 14En dit was hulle monstering volgens hulle families:
Vir Juda was daar •aanvoerders oor duisende:
die bevelvoerder Adna, en saam met hom 300 000 dapper krygers;
15langs hom was die aanvoerder Joganan, en saam met hom 280 000;
16langs hom was Amasja, seun van Sigri, wat as vrywilliger vir die Here aangemeld het, en saam met hom 200 000 dapper krygers.
17Uit Benjamin was daar:
die dapper kryger Eljada, en saam met hom 200 000, gewapen met boë en kleinskilde;
18langs hom was Josabad, en saam met hom 180 000, gewapen vir oorlog.
19 Hierdie manne was in diens van die koning, naas dié wat die koning in die versterkte stede, in die hele Juda, geplaas het.

Currently Selected:

2 Kronieke 17: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in